27 kokkedoortjie 2017

Kokkedoortjie: Ontmoet die deelnemers!

Kokkedoortjie, die kuiken wat tussen Kokkedoor en Koekedoor uitgebroei het, skop af op 5 April om 20:00! Hier is meer oor die tien kinderkokke wat gaan deelneem.

30 Januarie 12:00

Kokkedoortjie, die kuiken wat tussen Kokkedoor en Koekedoor uitgebroei het, skop af op 5 April 2017 om 20:00 op DStv-kanaal 144!

Kokkedoortjie is ’n nuwe werklikheidsreeks vir kinders, wat in die Kokkedoortjie-stoor gaan kook en bak. ’n Nabye familielid vergesel elk van die deelnemers en vorm deel van die kompetisie.

Die twee beoordelaars vir dié 13-episode-reeks is sjef Nic van Wyk van Kokkedoor-faam en Mari-Louis Guy van Koekedoor.

34 nic van wyk kokkedoortjie

34 koekedoor ll mari louis


Die opwindende nuwe reeks, met sy sterk klem op vermaak vir die hele gesin, is vervaardig in opdrag van kykNET deur Homebrew Films, wat ook Kokkedoor en Koekedoor vervaardig. Kokkedoortjie is tussen 30 September en 8 Oktober 2016 tydens die skoolvakansie in Kaapstad verfilm.

Kokkedoortjie-oudisies: Selfie-kolwyntjies en sonkant-eiers

Hier is die tien kinderkokke wat gaan deelneem:

Mikael Morkel, 10

Centurion




By wie het jy leer kook?
Ek het van kleintyd af meer gebrou as gebak saam met my ma, Jacqueline.

Thali Hugo, 11

Wellington



By wie het jy leer kook?
Heel eerste by my ma, Aletha. Maar ook by my ouma, wat ’n restaurant gehad het op Rawsonville.

Jarique Eilers, 12

Daniëlskuil



By wie het jy leer kook?
By my ma, Senobia.

Klaredy van Wyk, 11

Hartbeespoort



By wie het jy leer kook?
By my pa, Francois, en ma, Heleen.

Ian Grobler, 13

George



By wie het jy leer kook?
Ek is ’n huiskok – Mamma het my van kleins af laat help in die kombuis. Maar my oumas, Elsabé Jordaan en Annemarie Grobler, asook my tannie Jeanine Allen, het my vele kookkunsgeheime geleer.

Christian Cloete, 11

Raithby



By wie het jy leer kook?
Hoofsaaklik by my ma, Martmarie.

Dean Barnard, 12

Kempton Park



By wie het jy leer kook?
My oumagrootjie Marie Wale.

Christi Myburgh, 14

Bloemfontein



By wie het jy leer kook?
By baie mense. Eerstens my ma, Brenda, en ouma.

Edwin Theron, 12

Worcester



By wie het jy leer kook?
Ek kyk baie YouTube waar ek ongelooflik baie geleer het.

Mia Grobler, 13

Lynnwoord



By wie het jy leer kook?
Ek het my ouers van kleins af in die kombuis dopgehou.



Lees meer oor die Kokkedoortjies in die nuwe SARIE KOS.

 

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32