Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Koekedoortjie: Is Jy Mari-Louis of Nic?

Nuus
05 Junie 2018
Doen hierdie vasvra en vind uit.
Koekedoortjie

Wat is jou gunsteling manier van kos voorberei?
a) Ek hou daarvan om te kook.
b) Ek verkies dit om te bak.

Wat is jou gekose smaak in gebakte disse?
a) Ek is mal oor broodgebak.
b) Ek verkies gebakte disse wat my soettand sal bevredig.

Hoe gretig is jy om om die wêreld te reis?
a) Dit is nie vir my ’n prioriteit om oorsee te gaan wanneer ons in so ’n beeldskone en diverse land soos Suid-Afrika woon nie. Die Weskus bly die beste.
b) Ek beplan graag vakansies oorsee, en sal gretig wees om geld te spaar om so gereeld as moontlik na ander lande te reis.

Watter van die volgende opsies som jou beter op?
a) Ek ontspan deur my Saterdagmiddag voor die kospotte deur te bring, of om sport te kyk of te beoefen.
b) In my vrye tyd bak ek graag en gaan neem foto’s van die natuur rondom my.

Wat sal jy sê is jou ‘spirit animal’?
a) ’n Koala-beertjie.
b) ’n Skoenlapper.

Meestal A’s:
Jy is ’n Nic. Jy is ’n groot aanhanger van sport, en het ’n kookboek van jou gunstelingsjef op jou koffietafel. Jy raak opgewonde oor die smaak van ’n tuisgebakte brood wat vars uit die oond is en glo dat alle kos met die beste en varsste bestanddele gemaak moet word.

Meestal B’s:
Jy is ’n Mari-Louis. Jy is ietwat eksentriek en ’n kunstige mens wat hou van foto’s neem terwyl jy die hele wêreld deurreis. Jy is mode-bewus en het heel moontlik die nuutste kopie van Vogue op jou bedkassie. Jy bederf graag jou familie en vriende met jou eie gebakte lekkernye en soetgoed. 

Moenie ’n oomblik van die opwinding in die winter-wonderland misloop nie. Skakel Woensdae om 20:00 in op DStv-kanaal 144 vir Koekedoortjie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.