Logo

Knapsekêrels: Zimmerman verklaar oorlog

Nuus
06 Februarie 2018
Zimmerman en Davids is in ’n moeilike stryd gewikkel.
Knapsekerels_Davids

Davids vind uit Zimmerman leef nog. FOTO: Uit vandeesweek se episode

Kyk die aksiebelaaide tonele hier:

Skalkie is besig om die monitor dop te hou toe Chilly se motor skielik by die veiligheidshekke inkom. “Ken julle ’n dokter?” vra Zimmerman besorgd in die kar. Chilly antwoord baie ferm: “No doctor.” Zimmerman kap terug: "Een wat bribes vat, Chilly, ek’s nie stupid nie.”

Skalkie en Addie storm by die huis uit en wil dadelik weet wat gebeur het, maar Zimmerman beveel Addie om huis toe gaan.

You stay. Watch. Nobody comes in here, nobody,” sê Chilly vir Skalkie.

“Is daar mense dood?” wil Skalkie weet, maar Mynie en Chilly reageer nie op die vraag nie.

Mynie kry dieselfde reaksie by sy ouerhuis toe hy ’n bebloede Chilly daar aanbring. Hy probeer selfs die atmosfeer met ’n grappie breek. “Hy kan nie so huis toe gaan nie, sy vrouens neuk hom, almal van hulle.”

Nice - lekker - bakgat - demmit, Mynie!” is al wat Dirk kan uitkry.

Davids en Baby Tjoklits aan die ander kant, is salig onbewus dat Zimmerman nog lewe.

Get rid of the bodies...clean the car. This never happened. I was here all day. I never left the house,” sê Davids aan Baby Tjoklits wat verbasend rustig is oor alles. “Shhh it’s alright. No problem. Sharp.”

You’re sure he’s dead?” wil Davids by hom hoor. Baby Tjoklits knik en wys met sy wysvinger teen sy bors waar sy skoot Zimmerman getref het.

Zimmerman sweer wraak, kyk die video hier:

In die Zimmerman-huis vertel Zimmerman vir Skalkie dat hulle nie als alleen kan doen nie, maar dat hy nie weet wie om te vertrou nie. Zimmerman sê Skalkie moet ’n kar kry, maar hy skop vas. “Jy dink ek vra jou om moord te pleeg. In ’n oorlog is daar nie onskuldiges nie, Skalk.”

Zimmerman raak hard toe Skalkie vir Chantel in die gesprek opkom. "Haar pa soek my dood, Skalk. Hy’t my diep in die modder by my aandeelhouers, ek sit met plase se sonkrag wat ek nie kan verkoop nie, dit is oorlog en ek soek soldate, knapsekêrels wat klou soos mis aan ’n wolkombers!” Die gesprek verloop nie goed nie en Zimmerman sê vies dat hy Skalkie se kontrak sal uitbetaal. Ná ’n gesprek met Addie heroorweeg Skalkie egter sy besluit.

Zimmerman is lus vir ’n bietjie sports en besluit om vir Davids te bel. Davids is uit die veld geslaan met die oproep en vra vir Baby Tjoklits: "How do you stop a mad man?”

Baby Tjoklits het ’n antwoord gereed. “Kill him again. Properly. Kill him dead,”

By die Fortuins bereik dinge ook breekpunt toe ma en dogter Rachel se pa bespreek. 

“Was nie net haar ma se skuld nie, jou pa het...hy kon nie sy hande van ’n vrou afhou nie. En hy was lief vir witbrood,” skerm Naomi.

Rachel wil weet hoekom haar ma nog daar bly werk het, maar Naomi staan op vir die ander vrou “Nee nee, moenie die skuld op Brenda se ma sit nie, jou pa was almal se man, Ragel, hy kon nie ’n vroumens los nie."

Rachel wil egter weet wat haar pa nou doen, maar haar ma antwoord bloot: “Dit gaan jou hart breek.”

Skakel in vir ’n nuwe episode van Knapsekêrels, Dinsdag om 20:00. Gesels saam op Facebook en Twitter by #Knapsekêrels!