Logo

Knapsekêrels: Is jy meer soos Mynie of Skalkie?

Nuus
08 Maart 2018
Doen ons vasvra om uit te vind.
KK Mynie Skalkie Quiz

FOTO: Uit ’n episode van die trefferreeks Knapsekêrels, Dinsdae om 20:00 op DStv-kanaal 144

Mynie Bekker en Skalkie Fortuin is “knapsekêrels” – vreeslose vente wat aan hul missie klou soos mis aan ’n wolkombers. Hoewel beide knap geldoppassers is wat hulle oor die finansiële sekuriteit en welstand van hul gesinne kwel, is daar heelwat waaroor hulle verskil.

Beantwoord die volgende vrae:

Wanneer dit kom by die teenoorgestelde geslag is jy:

a) Vol selfvertroue. Ek kan iemand uit hul sokkies verras met my sjarme.
b) Awkward. Ek wil graag iemand in my lewe hê, maar ek flankeer nie maklik met iemand wat ek aantreklik vind nie.

As ons jou fliekkennis moes toets, hoe sou jy vaar?

a) Hoekom moet ek omgee?
b) Uitstekend! Ek is gek oor flieks en kan my vreeslik inleef in ’n storie.

En as ons jou kennis oor sportmotors moes toets?

a) Nou praat julle! Ek is iemand wat plesier letterlik en figuurlik najaag.
b) Ek kan nie bestuur nie. (Moenie vir iemand sê nie.)

Kyk hier na die jongste Knapsekêrels-video’s

Kom jy goed met jou gesin oor die weg?

a) Ons kom nie juis goed klaar nie, maar ek gee nogtans baie om vir hulle.
b) Ons is ’n hegte gesin en kom goed oor die weg, al stem ons nie altyd saam nie.

Hoe reageer jy wanneer iemand naby jou slegte nuus ontvang?

a) Ek sal dalk ’n grappie daaroor maak, maar dit beteken nie dit ontstel of pla my nie.
b) Jy sal dit op my gesig kan sien. Ek wens ek kon almal se probleme laat verdwyn.

Hoe sal jou vriende jou beskryf?

a) Koel, hardkoppig en selfversekerd. Iemand op wie se knoppie jy kan druk.
b) Skamerig, saggeaard en vasberade. ’n Regte staatmaker.

Kry die jongste Knapsekêrels-nuus hier

Iemand noem jou ’n ‘held’. Hoe laat dit jou voel?

a) Ek hou nie daarvan om aan myself as ’n held te dink nie.
b) Ek voel nogal trots. Ek probeer om te alle tye eerbaar te wees.

Sal jy maklik by ’n geveg betrokke raak?

a) As ek ’n punt het om te bewys of sterk genoeg oor iets voel, ja.
b) Ek sal net my vuiste gebruik as ek moet – om iemand vir wie ek omgee te beskerm.

Geld is . . .

a) die spil waarom alles draai, of jy daarvan hou of nie.
b) die wortel van alle kwaad. Ek haat geld en mense se obsessie daarmee, maar ek werk nogtans daarvoor omdat ons nie daarsonder kan klaarkom nie.

Kyk hier na die jongste foto’s uit Knapsekêrels

Neem jy besluite op die ingewing van die oomblik of oordink jy dit?

a) Op die ingewing van die oomblik. Ek vertrou my instink.
b) Ek oordink dinge gewoonlik en tob oor my foute.

Sou jy sê jy verloor jouself maklik in jou werk?

a) Beslis. Dis my coping mechanism.
b) Nie eintlik nie, hoewel dit vir my baie belangrik is om my werk goed te doen.

Wat wil jy binne die volgende vyf jaar bereik?

a) Ek wil die suksesvolle eienaar wees van my eie besigheid.
b) Ek weet nog nie, maar ek hoop ek sal vir my gesin kan sorg.

Meestal A’s

Foto: Mynie Bekker (vertolk deur Armand Aucamp)

Jy is baie soos Mynie. Nes dié knapsekêrel is jy gemaklik met wie jy is en waarheen jy op pad is – jy het altyd ’n plan en word nie maklik platgeslaan nie. Jy is gewild onder lede van die teenoorgestelde geslag, maar leef nie vir ander se goedkeuring nie. Mense dink dalk jy is selfsugtig, maar jy sal iemand vir wie jy omgee met jou lewe beskerm.

KYK: Armand Aucamp klim in sy karakter se vel

Meestal B’s

Foto: Skalkie Fortuin (vertolk deur Roberto Kyle)

Skalkie is ’n fliek-nerd en dromer met ’n saggeaarde sy. Nes hy is jy baie lief vir jou naastes, eerbaar en iemand op wie ander kan staatmaak. Jou woord is jou woord en jy sal niemand met opset teleurstel nie. Jy word egter maklik onderskat – jy is brawer as wat meeste mense dink, en hou boonop daarvan wanneer jy die kans kry om iemand verkeerd te bewys.

KYK: Ons vat vyf met Roberto Kyle

Knapsekêrels is Dinsdae om 20:00 op die kassie. Gesels saam op Facebook en Twitter by #knapsekêrels!