Logo

Knapsekêrels: Groter as Mynie en Baby

Nuus
27 Maart 2018
Dinge raak lelik in die voorlaaste episode. Gaan die kêrels ongedeerd hiervan afkom?
Knapsekerels-Ep12

Mynie is moeg vir Davids se geteem. FOTO: Uit vandeesweek se episode

In dié week se episode van Knapsekêrels kom Baby agter hy het dalk nie goed genoeg vir ’n hewige vuurgeveg voorberei nie. Davids se lyfwag los Addie in die skuur en maak reg vir ’n kopskoot, maar Mynie is nie alleen nie – hy sleep Davids saam.

“Adampie, ons almal is hier omdat jy aangejaag het,” sê Mynie. “Ek is hier vir Addie, pêl. Ek én jy.”

Davids vra: “Wil jy my dood hê?”

Baby maak geen geheim daarvan nie: Hy wil Mynie uithaal, en die feit dat hy aan Davids en ’n gewapende Skalkie en Hasie óók moet dink, pla hom nie veel nie. Ná ’n skietgeveg is Mynie in die been gewond en sleep hy homself tot by Addie in die skuur.

Mynie is erg gewond en Baby op sy gevaarlikste. Davids en sy lyfwag jaag weg die oomblik wat dinge te warm raak. Kyk die video hier:

Davids (wat Mynie se kar gesteel het) en Baby ry reguit na die Zimmerman-huis, waar Lynn, Chantel en die ‘Dragon’ saam met Zimmerman en Chilly wag vir Mynie, Skalkie, Hasie en Addie om terug te keer.

Voor Chilly enigiets kan doen het Baby ’n geweer teen Zimmerman se kop. Chilly val van die trappe af en kry ’n stamp teen sy wond, wat dit weer laat bloei. Lynn dwing Davids om haar mediese tas in die kar te gaan haal sodat sy Chilly kan help.

Die bloeiende Mynie weet hy kan op hierdie stadium nie ’n held wees nie. Hy en Hasie laai Skalkie by die Zimmerman-huis af, maar Addie dring daarop aan om saam te gaan.

“Ek lief jou!” skree Addie vir Mynie voor sy en Skalkie ingaan.

Chilly kan Zimmerman nie teen Baby en Davids beskerm nie, maar Skalkie en Addie beraam ’n plan. Kyk die video hier:

In die Bekker-huis kom Karlien af op ’n bewustelose Koos ná Dirk haar met ’n ketel bygekom het. “Hulle wil nou net Kaap toe. Jy moet help met geld,” sê Dirk. In Karel se kamer is Joey steeds vasgemaak op die bed. Domkrag staan langs haar met ’n mes teen haar keel.

Koos en Domkrag vra R4000 kontant, en Koos ry saam met Karlien om haar spaargeld te trek. Wanneer hulle terugkom, is daar vreemd genoeg vrede in die huis: Domkrag en Joey sit langs mekaar op die bed met ’n Bybel oop tussen hulle (daar is nie ’n mes in sig nie), en Dirk dra koffie aan.

Koos en Karlien is sprakeloos.

Cassandra wag gespanne voor die middeljarige vrou (wat haar en Rachel probeer afpers) se hek. Wanneer die vrou die hek oopmaak, tree Skalk, Naomi en Rachel grimmig agter die muur uit. Die vrou is duidelik dronk en sy tol om en hardloop na haar huis, met die res kort op haar hakke.

In haar sitkamer sê die vrou: “Siek, siek, siek. Dís my lewe.”

Skalk, met ’n pen en papier in sy hand, sê vir haar: “Kom ons slaan waar dit die seerste maak, of ek bel die polisie.”

Moenie die laaste episode van Knapsekêrels, Dinsdag om 20:00, misloop nie! Gesels saam op Facebook en Twitter by #knapsekêrels!