Logo

Knapsekêrels: Baby Tjoklits en die gevaar

Nuus
30 Januarie 2018
Baby Tjoklits maak vandeesweek moeilikheid.
Knapse-Baby-Tjoklits

Chilly gewaar vir Baby Tjoklits. FOTO: Uit vandeesweek se episode

Davids se grootste lyfwag, die een wat met King Kong vergelyk word, maak hierdie week van nader kennis met Chilly, wanneer hy Zimmerman se regterhand buite Davids se huis betrap.

Mynie sit buite die Zimmerman-woning en wag vir Chilly wanneer Addie by die hek uitglip. Hy sê vir Chilly daarvan, en Chilly smeek hom om haar en Chantel te agtervolg.

Anything vir ’n pel,” sê Mynie. “Onthou net, jy skuld my een.”

Hy loop by ’n kroeg in waar Addie en Chantel besig is om snoeker saam met twee mans te speel. “Wat dink jy doen jy?” vra Addie vir Mynie. “Ek dink jy moet jou neus uit my lewe hou.”

Een van die mans probeer opkom vir Addie en Chantel, maar loop hom teen Mynie se vuiste vas. Addie gluur Mynie aan, klap haar snoekerstok op die tafel neer en storm uit. “Hy hoef net vir Chilly te sê and I am so grounded,” sê Addie vir Chantel.

Dis egter nie Mynie se plan nie: “Ek het vir Chilly gesê ek kon jou nie kry nie, maar doen jouself ’n guns: Vat Skalkie saam as jy wil uithang. Jy kan seerkry in hierdie gate.”

Kyk die video hier:

In die Bekker-huis konfronteer Karlien vir Joey. “Karel was ’n prostituut, Ma. Hy’t sy lyf verkoop aan mans.”

Joey skree: “Jy’s jaloers! Jy lieg dit!”

Karlien antwoord: “Ek wás jaloers. Ma’t baie mooi seuns gemaak. Ek was nog nooit mooi nie.

“Ek ís lelik, vergewe my. Ek wens ek kon vir Ma jok.”

Lees meer oor die vorige episode hier.

In die Zimmerman-huis noem Chilly dat hy iemand ken, Mynie, wat hulle kan help om Davids ’n les te leer – maar dit gaan Zimmerman baie uit die sak jaag. “Dit kos, maar jy kan nie insekte sonder gif uitwis nie,” sê Zimmerman.

Zimmerman, Chilly en Mynie hou later stil by ’n klub-rugbyveld, waar hulle vir Davids en twee jong lyfwagte ontmoet. King Kong heet eintlik “Baby Tjoklits”, maar hy is nêrens te sien nie.

“Waar’s Baby Tjoklits?” wil Zimmerman se kant weet. Davids sê: “Hy pas my dogter op… just in case.”

Mynie en Chilly haal hul rewolwers uit en plaas dit in Zimmerman se kattebak. Davids se lyfwagte doen dieselfde, en Zimmerman sê vir Davids: “Ons kom in vrede. Kom ons loop ’n entjie.”

Met Zimmerman en Davids weg, lig Chilly sy verkyker om die omgewing te bekyk. Tussen die bome, half-verskuil agter ’n dik boomstam, sit ’n man en rig ’n geweer met ’n teleskoop agter die boom uit, in die rigting van die rugbyveld. Chilly grom: “Baby Tjoklits!”

Kyk die video hier:

Skakel in vir ’n nuwe episode van Knapsekêrels, Dinsdag om 20:00. Gesels saam op Facebook en Twitter by #Knapsekêrels!