Logo

Knapsekêrels: ‘Addie is nou die belangrikste’

Nuus
13 Maart 2018
Baby Tjoklits en Addie het die pad gevat. Waar kan hulle wees?
Knapse-Ep10

FOTO: Uit vandeesweek se episode

Dis enkele ure voor 08:00, die tyd wat Davids en Zimmerman afgespreek het om mekaar te ontmoet. Buite is dit stil en vreedsaam, maar in die Zimmerman-huis is Chantel die enigste persoon wat ’n goeie nagrus kry.

“Ek wens jy wil net ’n bietjie slaap,” sê Karlien vir ’n opgewerkte Mynie. “Ek’s te opgepomp vir slaap,” sê hy.

Mynie raak vies wanneer sy sê Skalkie hou ’n oog oor Chantel. “Hy moet op hierdie mission fokus. Addie is nou die belangrikste.”

Mynie is nie van plan om Skalkie te vergewe nie, en in die Fortuin-huis sê Rachel vir Naomi sy wil ’n aborsie kry. Kyk die video:

Karlien dink haar broer is dalk verlief op Zimmerman se dogter, maar hy kap terug: “En wat dink jy van haar vader? Hy flirt met jou.”

Zimmerman sê vir Karlien: “Ek is bly jy’s hier. Als sou… dit sou erger gewees het sonder jou.”

Karlien sê: “Agtuur is als oor.”

Dit stel die man in die stoel nie gerus nie. “Agtuur begin dit eers. Dan bars die hel ordentlik.”

Dinge loop inderdaad nie volgens plan nie. Mynie en Skalkie hou naby Davids se huis stil en klim dan oor die muur, terwyl Hasie en Dirk voor die huis stilhou en Davids en dié se lyfwag se aandag probeer aftrek. Mynie kom uiteindelik tot in Chantel se slaapkamer, maar besef dan: Addie is weg. Baby ook.

Kyk hier onder na foto’s uit die episode:

Gallery

Mynie besluit om Skalkie terug te stuur en agter te bly. Baby laat weet oor die foon: “Come and get her, Bekker. Just you. Nobody else.”

Lynn Davids en die “Dragon” daag by die Zimmerman-huis op, waar Zimmerman en Chantel vir hulle vertel dat Chantel hom probeer help om Addie op te spoor. Lynn val dadelik daarvoor, maar Addie se drama-afrigter glo nie vir een oomblik sy is ontvoer nie.

By die Fortuins probeer Naomi om Skalk Fortuin uit haar hare te kry. “Jy kry nie Skalkie se nommer nie, Skalk. Hou op vra,” sê Naomi. “Raak weer weg. Los ons uit. Gaan aan met jou lewe.”

Skalk sê: “Ek… kan nie.

“Naomi, asseblief. Ek weet nog altyd… net Skalkie is my kind.”

Baby en Addie het spoorloos verdwyn en Mynie soek antwoorde by Davids. Kyk die video:

Knapsekêrels is Dinsdae om 20:00 op die kassie. Gesels saam op Facebook en Twitter by #knapsekêrels!