Logo
In die ysterhand se greep slim BB
web uni tv guide

In Die Ysterhand Se Greep

145Telenovela13 VL

'Keep Your Distance' skep bewusmaking en laat mense sing

Nuus
10 Junie 2020
Al was daar tydens die inperking soveel musiekvideos vrygestel om gemoedere te lig, is daar iets besonders en heelwat anders omtrent 'Keep Your Distance' veral as jy die storie agter die storie hoor ...
KEEP YOUR DISTANCE 1

Die nasionale inperking het pas afgeskop toe die kreatiewe vervaardiger en stigter van die Domingo Effect, Shihaam Domingo, ’n vergadering bywoon in die Kleinmond stadsaal as ’n vrywilliger wat bystand verleen aan voedingskemas en die verspreiding van noodsaaklike babaprodukte aan ma’s in nood. Domingo, bekend vir haar hip-hop gedrewe teaterproduksies soos Die Riel van Hip-Hop, is geen vreemdeling vir gemeenskapswerk en die ontwikkeling van jong talent in agterafgestelde gemeenskappe.

Tydens aflewerings, wat onder streng veiligheidsmaatreëls gedoen was, het Domingo opgelet dat veilige social distancing glad nie gehandhaaf was nie en hierdie kwessie was van groot kommer by alle voedingspunte. Hierdie waarneming het Domingo lank laat dink en na ’n tydjie het sy tot die gevolgtreking gekom dat ’n goeie manier om mense in die gemeenskap aan te moedig om social distancing te handhaaf, was deur ’n song. Maar soos met Domingo se vorige kreatiewe werke in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf, sal dit nie net nóg ’n song wees nie... En hoe dan anders!

In die Kleinmond-gemeenskap waar drie amptelike tale, Afrikaans, Engels en isiXhosa, deur die oorhoofse inwoners gepraat word, moes hierdie song almal betrek en laat luister om sodoende veilige social distancing aan te moedig.

Dadelik bel sy haar goeie vriend, DJ Reddy D, opsoek na ’n beat wat ruimte sal gee vir verskeie kunstenaars en met ’n tone wat bemoedigend sal wees. Natuurlik was hierdie versoek geensins moeilik vir hom nie en die volgende oggend het Domingo drie beats gehad waarvan sy kon kies.

Toe sit sy die soektog voort na kunstenaars wat ’n paar verses sal gooi op die track.

Domingo nader toe drie vorige Ghoema wenners in die Hip-Hop kategorie, Jerome Rex, Early B en Yoma, wat sonder enige huiwering ingestem het. Boonop, oorreed sy die plaaslike brandweerman, Stizomayn, vanwie se skerp rymklets en skryfvernuf sy al gehoor het maar nog nie persoonlik ontmoet het nie. Bekende skrywer en musikant, Frazer Barry, het ook onmiddellik ingestem! En dít met die wete dat niemand betaling sal ontvang nie want dié projek het gegaan oor meer as die betaling - ’n boodskap móés gelewer word aan die gemeenskap.

Kort daarna het Jerome Rex en Early B hul lirieke aangestuur en Frazer het met ’n hook opgekom. Binne twee dae het hulle ’n song gehad. Maar Domingo het gevoel dat nog iets benodig word al is die uitdagings daar om kunstenaars te kry wat reeds hul eie gereedskap by hulle huise het om hulself op te neem. Dus het sy toe besluit om uit te reik na Leonardo Fortuin wie ’n studio besit en waar hy kunstenaars soms huisves tydens moeilike tye. Alhoewel Fortuin nie in die land was nie het hy Domingo in kontak gesit met Lea Venga, ’n sanger en Blake Hellaby musikant, en daarna het hy ook aangebied om te betaal vir die stapeling van die song nadat Frazer reeds die vermenging vanuit sy eie studio by sy huis gedoen het. Soos die lirieke ingekom het, kon Domingo aanvoel dat dit die geboorte sal wees van ’n spesiale musiekprojek vir goeie en nodige doel.

En op advies van DJ Reddy D, het Domingo ook uitgereik na Bliksem Straal wat ook hulp verleen het aan die vervaardiging van die song.

Só is Keep Your Distance uiteindelik klaar as volledig track met vurige verses en beats ... Als in opdrag om bewusmaking van social distancing onder gemeenskappe te skep!

En laaste maar beslis nie die minste nie, het die komediant, Marc Lottering, as Aunty Merle ’n inleiding op die song gedoen! Soos net Aunty Merle dit kan doen.

Keep Your Distance, het só ’n belangrike en nodige lied in Domingo en die kunstenaars se oeuvres geword. Maar belangrik nog, dit het die krag om gemeenskappe te reik en te laat luister sodat hulle ook hulself veilig kan hou tydens die globale Covid19-pandemie. En dit als binne die reëls van die inperking.

Keep Your Distance was toe uiteindelik oor en oor gespeel by alle voedingspunte waar mense met maskers en verspreid van mekaar in lyne aanklank by die song gevind het. Selfs polisiemanne wat gewoonlik net van ’n afstand dop hou, het begin seker maak dat afstande in lyne korrek gehandhaaf word volgens die voorgestelde voorsorgmaatreëls.

En met die krag van musiek, was dit nie lank daarna toe almal begin saam sing: keep your distance, keep your distance, keep your distance...