Logo

Kanarie word internasionaal vereer

Nuus
15 Oktober 2018
Kanarie het nóg drie internasionale toekennings voor sy plaaslike vrystelling ingepalm.
Kanarie

Foto verskaf.

Christiaan Olwagen se tweede vollengte film, Kanarie, wat sedert Mei-maand groot opspraak in internasionale filmfees-kringe verwek, wys tans in teaters landswyd en het onlangs drie toekennings ingepalm.

KLIEK HIER EN BESPREEK NOU JOU FLIEKKAARTJIE VIR KANARIE.

Dié film, wat op 19 Oktober 2018 landswyd in Suid-Afrikaanse filmteaters vrygestel word, het reeds vyf toekennings opgeraap by vanjaar se Silwerskermfees. Hierdie toekennings sluit onder meer in die toekenning vir beste speelfilm, beste regisseur en beste manlike byspeler (Germandt Geldenhuys).

Op internasionale gebied is Kanarie twee weke gelede in Chicago by die 36ste Reeling Film Festival vereer met die toekenning vir beste narratiewe film. Kanarie is ook verlede week by die 31ste OUT on Film Festival in Atlanta, Georgia, met ’n toekenning vir beste internasionale film, sowel as beste narratiewe film, vereer.

LEES OOK: SCHALK, CHRISTIAAN OP INTERNASIONALE ROOITAPYT

Kanarie se Kaapstadse première het op 10 Oktober tydens die Cape Town International Film Market & Festival plaasgevind, en het tydens ’n glansgeleentheid in Johannesburg op 11 Oktober gepremière.

Op 13 Oktober was daar ’n spesiale vertoning van Kanarie by The Bioscope in Maboneng, Johannesburg, met eregas Montelle (Casper de Vries), en op Sondag 14 Oktober is dit vertoon by die Fugard-teater met eregaste Cathy Specific en die Trolley Dolleys van Gate69-faam. 

Die film word op Vrydag 19 Oktober vrygestel, maar toer ook verder op internasionale vlak: by NewFest: The New York Lesbian, Gay, Bisexual & Transgender Film Festival en OUTShine Film Festival in Fort Lauderdale, Florida – albei op 27 Oktober – en dan by die 2018-Inside Out Ottawa LGBT Film Festival in November. 2019 lyk ook opwindend vir hierdie spesiale projek, met ’n bevestigde besoek aan die QueerScreen Mardi Gras Film Festival in Sydney in Februarie.

Lees meer oor dié film hier.

Hier is wat verkeerd geloop het tydens die TV-onderhoude met die Kanarie-akteurs:


Schalk Bezuidenhout vertolk die hoofrol in hierdie film, gebaseer op ware gebeure uit die lewe van mede-skrywer en musikale regisseur, Charl-Johan Lingenfelder.

Die Bravo!-span het onlangs by Charl-Johan ingeloer. Kyk die video hier.

Hannes Otto, Germandt Geldenhuys, Gérard Rudolf, Jacques Bessenger, Ludwig Binge, Francois Jacobs, De Klerk Oelofse, David Viviers en Andrico Goosen is ook te sien in die film, met regie deur Christiaan Olwagen.

Vir die amptelike lokprent, kliek hier.

Volg gerus die film op Instagram, en besoek www.kanariefilm.com vir meer inligting.

Hier is ’n blik agter die skerms tussen tonele van Kanarie: