Logo

KAMERS 2018: Johannesburg

Nuus
24 April 2018
Die immergewilde KAMERS/Makers, wat die land jaarliks platreis, keer terug na Johannesburg!
Kamers

Gautengers kan uitsien na ’n vyf-dag fees van kreatiwiteit, en die jongste ontwerp deur meer as 170 van die land se beste kuns-entrepeneurs. KAMERS/Makers se skatkis van kreatiwiteit spog met juweliersware, dekor, huisware, klere en leefstylprodukte – alles trots Suid-Afrikaans en nie maklik elders te koop nie.

NOU IN DIE HART VAN SANDTON
Na drie fantastiese jare by St John’s College, skuif die opskiet-uitstalling na St David’s Marist Inanda – net ’n klipgooi van Sandton City.

DIE JAAR VAN OOP HANDE
Die tema vir KAMERS/Makers 2018 is ‘Die jaar van die oop hand’ – na aanleiding van die filosofie dat ’n mens slegs met ’n oop hand kan gee én ontvang. ’n Gedeelte van die Johannesburg-mark se winste word daarom geskenk aan die St David’s Stigting. Dié stigting gee beurse aan verdienstelike seuns uit Alexandria, slegs sewe kilometer van die skool, maar ekonomies wêrelde weg.

Vorige beurshouers sluit die stigter van ’n privaatlugdiens, ’n Suid-Afrikaanse nasionale krieketspeler en ’n beleggingsbankier wat na die skool teruggekeer het as trustee van die stigting, sowel as ’n mentor vir die seuns in.

VARS TALENT TE SIEN
KAMERS/Makers neem die ‘oop hand’-tema verder deur tientalle nuwe ‘makers’ die kans te gee om te skitter. Met 170 makers, is dit die grootste KAMERS nog. Veertig hiervan was nog nooit in Johannesburg te sien nie, en 15 is jong entrepreneurs wat aan hul eerste uitstalling deelneem!

Mzansi-makers word ook ten toon gestel. As KAMERS/Makers se uitreikprojek, is dit ’n niewinsgewende organisasie wat talentvolle makers van voorheen-benadeelde-gemeenskappe uitsoek en mentor, om hul kreatiwiteit by KAMERS/Makers uit te stal.

Borgskap vennoot, Absa, sal weereens die nuutste innoverende betalingsmetodes na die tafel bring en dit makliker as ooit maak om jou gratis, versamelaarstuk-inkopiesak met unieke KAMERS/Makers produkte te vul.

En as die wag steeds nét te lank is, vind die wonder van KAMERS/Makers aanlyn by shop.kamersvol.com regdeur die jaar!

KAMERS/Makers 2018 Joburg
St David's Marist Inanda
Sandton, Johannusburg
25 tot 29 April, vanaf 9:00 tot 17:00 daagliks

Kaartjies:
R60 by www.plankton.mobi, en R90 by die ingang – dit sluit ’n KAMERS/Makers-inkopiesak en tydskrif in.
Vyf-dag kaartjies: R120
Groep-afslag: Koop drie en kry een gratis.
Studente en pensioenarisse R60.
Onder 18’s gratis.

Vir meer inligting besoek kamersvol.comshop.kamersvol.com, of gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #KAMERS2018.