27 kaleidoskoop dsc00806

Kaleidoskoop: “Wegbreek”

Die musiekvideo van die sangpaar, Kaleidoskoop, se enkelsnit “Wegbreek” is pas bekendgestel op kykNET se Top 20.

11 Februarie 00:30

Die musiekvideo van die sangpaar, Kaleidoskoop, se enkelsnit “Wegbreek” is pas bekendgestel op kykNET se Top 20. Dit neem die kyker op ’n prettige agter-die-skerms-avontuur, wat nie net ’n fees is vir die oog nie, maar ook vir die oor.

Kyk die video hier onder:

Meer oor Kaleidoskoop:

Net soos wat die pragtige kleure en vorms van ’n Kaleidoskoop ’n baie spesiale bekoring inhou, net so het hierdie talentvolle akoestiese musiekgroep – met dieselfde naam – dit reggekry om die afgelope tien jaar die harte van musiekliefhebbers regoor die land te verower.

Hierdie sang-duo is self verantwoordelik vir elke aspek van hulle musiek en bied aan luisteraars ’n hoendervleismooi akoestiese klank, vermeng met ’n magiese kombinasie van melodieë en instrumente – wat nie net aanklank vind by gehore van alle ouderdomme nie, maar ook getuig van hulle talent, passie en sinergie.

Die groep, wat tans bestaan uit Jouba (stigterslid) en Anique Jordaan, is in 2006 gestig toe die oorspronklike lede (Jouba en Gerhard Liebenberg) almal nog op universiteit was.

Meer oor “Wegbreek”:

“Wegbreek”, wat einde 2016 bekendgestel is, is die eerste enkelsnit-vrystelling vanaf hulle nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in Maart 2017 uitgereik word. Hierdie album is ’n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf.

Kyk die video hier onder:

Dié treffer het ’n opgewekte folk-popaanslag, wat nie net in jou kop vasteek nie, maar jou ook onwillekeurig sal laat saam neurie. “Die titel van die liedjie spreek vanself. Dit gaan oor die neiging wat almal het om nou en dan weg te breek uit die stad of dorp om uit te span by die see of met ’n grondpad êrens perspektief, eenvoud en ook vrede te gaan vind,” vertel die duo.

“Die goedvoel ritme en melodieë van die lied, asook snaarinstrumente soos die banjo en mandolien, skep dadelik ’n lekker plaas- of seevakansieatmosfeer... die perfekte liedjie om in die kar te luister wanneer jy die langpad vat.”

Die snit is baie goed deur radiostasies ontvang en pronk tans op Maroela Media se Top 20.

Die musiekvideo, wat deur Paul Hugo van Bravo & Thatcher vervaardig is, is deur die loop van 2016 verfilm. Jouba en Anique moes die meeste van die beeldmateriaal self opneem in die tyd waarin hulle aan die nuwe album geskryf het.

“Ons het gevoel die kykers wil dalk meer weet van hoe die skryf- en opneemproses van ’n album lyk. Die grootste gedeelte van die video gaan oor hoe ons wegbreek om te gaan skryf, asook wat ons inspireer (die natuur).

“Die einde van die video wys dat die ‘sending’ waarop ons was eers voltooi is wanneer iemand die CD koop, die musiek geniet en inspirasie daaruit put” – Anique Jordaan.

Die Moolmanshoek Privaatwildreservaat, The Fig Tree House in Nelspruit, Little Big Studio in Pretoria, Eersterivier, ’n berghut in Swellendam en ’n groot plaasrondawel net buite Harrismith (Siloë) is maar net van die besienswaardighede waarna kykers kan uitsien in die video.

Volgens die groep was die verfilmingsproses ’n avontuur op sy eie. “Jouba het amper van sy perd af geval toe sy saal losgekom het in Moolmanshoek, ons moes in die winter maak asof ons koue plaasdamme en bergriviere geniet en een van die houtpanele by die studio-opname het amper op ons koppe geval, maar dit was baie pret,” verklap hulle.

Alhoewel daar baie uitdagings en blapse agter die skerms was, is die eindresultaat perfek, en sal die video luisteraars weer van vooraf laat verlief raak op die groep se besonderse talent.

Kyk na ’n paar agter-die-skerms-foto’s hier onder:

34 kaleidoskoop dsc00806

34 kaleidoskoop dsc00819

34 kaleidoskoop dsc00841

34 kaleidoskoop dsc00842

34 kaleidoskoop dsc00852

34 kaleidoskoop dsc00857

34 kaleidoskoop dsc00861

34 kaleidoskoop dsc00948

34 kaleidoskoop dsc00955

34 kaleidoskoop dsc00956

34 kaleidoskoop dsc08151

 

 

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32