27 joost by premiere

Oud-Springbok Joost van der Westhuizen sterf

Joost van der Westhuizen, wat sedert 2011 aan motorneuronsiekte (MNS) ly, is op 6 Februarie oorlede. kykNET bring die volgende skedule-veranderinge aan op ons drie kanale ter nagedagtenis aan Joost.

06 Februarie 18:29

Joost van der Westhuizen (45), wat sedert 2011 aan motorneuronsiekte (MNS) ly, is op Maandag 6 Februarie 2017 oorlede. Die oud-Springbok-kaptein se J9-stigting het Saterdagoggend op hul Facebook-blad bevestig dat Joost in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is.


“Ons almal is by mekaar vandag,” het Amor Vittone Saterdag op haar Facebook-blad geskryf. “Joost, ons is lief vir jou!”

KYK: Joost van der Westhuizen het deur sy broer, Pieter, met ons gesels by die première van Joost: Spel van Glorie.

34 joost by premiere

34 joost en karen by premiere

34 amor en kinders by joost premiere



Die kykNET-span wil graag ons simpatie en medelye betuig.

Rus in vrede, Joost. Dankie vir alles wat jy in jou lewe vermag het en die lewens wat jy aangeraak het. Jou bydrae, op en van die sportveld af, sal vir ewig deur almal in Suid-Afrika onthou word. Ons dink in hierdie tyd aan Joost se familie en vriende.

kykNET bring die volgende skedule-veranderinge aan op ons drie kanale ter nagedagtenis aan Joost van der Westhuizen.


Joost en die J9-stigting, in samewerking met kykNET Films, het drie jaar gelede ’n dokumentêr oor sy lewe en die soektog na mediese sorg vir MNS-lyers in Suid-Afrika vasgelê. Ons deel graag hierdie film ter nagedagtenis aan die held wat ’n bitter stryd tot die einde geveg het.

Joost: Spel van Glorie word op die volgende tye en kanale uitgesaai:

Maandag 6 Februarie om 20:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146);
Woensdag 8 Februarie om 20:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145); en
Sondag 12 Februarie om 14:30 op kykNET (DStv-Kanaal 144).

34 joostafr option 2

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32