Logo
web uni tv guide

Jan Braai Vir Erfenis

144KookprogramPG

Jan Braai vir Erfenis: Word deel van die braai-avontuur

Nuus
06 Julie 2018
Wou jy nog altyd deel wees van Jan Braai se wêreld? Dan moet jy hier lees!
Jan Braai_braaiavontuur

Foto verskaf

Jy het seker al gehoor van Jan Braai se immergewilde Tour de Braai-fietstoer waar jy so braai-braai die allermooiste dele van ons land sien. Na afloop van die sukses van dié fietstoer en die Nasionale Braaitoer, is daar ’n nuwe konsep gebore – die JanBraai Marathon. Braaitoeriste hoef egter nie bekommerd te wees nie, laasgenoemde het slegs by die familie aangesluit en al jou gunsteling-braai-uitstappies gaan ongestoord voort. 

Hier is ’n paar hoogtepunte op die braaispyskaart:

JanBraai Marathon
Die JanBraai Marathon is ’n driedag-pad- en wingerdwedloop wat vanaf 19 – 21 Oktober 2018 plaasvind. Die ongeveer 42km word afgelê in die Slanghoek en Breedekloof-wynvallei, geleë naby die prentjiemooi Rawsonville. 

In ’n neutedop – dié marathon is ’n kombinasie van avontuurwedloop, braai en plattelandse feestelikhede.

Die volgende is by jou inskrywingsgelde ingesluit:

  • Geskenksak met rugsak, koplig en hoed.
  • Etes.
  • Verversingstasies.

Vir volledige besonderhede oor dié marathon en hoe om in te skryf, besoek Jan Braai se webblad.

Die Nasionale Braaitoer

Die Braaitoer skop Saterdag 8 September 2018 af en strek tot Sondag 16 September 2018. Die toer begin in Kaapstad waar daar gekyk word na twee ure se rytyd per dag deur die prentjiemooi landskappe. 

Die doel is om ’n groep trotse en passievolle Suid-Afrikaners op ’n weeklange toer deur die pragtige dele van Suid-Afrika te neem. Die 2018-toer sal weer 40 spanne bevat en dus is spasie beperk.

Die inskrywingsgelde sluit onder andere die volgende in:

  • Kampfooie en toegangsgelde.
  • Twee etes per dag.
  • Braaitoerusting.
  • Hout.
  • Vuuraanstekers.

Vir volledige besonderhede oor dié braaitoer en hoe om in te skryf, besoek Jan Braai se webblad.

Tour de Braai

Die Tour de Braai vind Sondag 4 November – Saterdag 10 November 2018 plaas.

Die Tour de Braai kan gesien word as iets tussen ’n toer en ’n vakansie waar fietsryers aan van die mooiste dele van Suid-Afrika blootgestel word. Die toer skop in George af op ongerepte grondpaaie en eindig vyf dae later in Swellendam. 

Hier is ’n paar van die goed wat ingesluit is:

  • Die verwelkomingsbraai in George.
  • Ses aande verblyf.
  • Alle etes en drankies.
  • Daaglikse sportmasserings.
  • Pendeldienste.
  • Vervoer vir jou en jou bagasie na die volgende bestemming.
  • Alle event foto’s.

Vir volledige besonderhede oor die Braai Tour en hoe om in te skryf, besoek Jan Braai se webblad

Jan en die span is vanaf 6 Julie om 18:00 weer terug op die lug. Moenie ons opwindende weeklikse kompetisie na afloop van die episode misloop nie!