Logo

Is jy SARIE se Voorbladgesig vir 2017?

Nuus
24 April 2017
Sewe SARIE-lesers het dit al tot op die voorblad gemaak, en nou wag die tydskrif vir jóú!
SARIE Voorblad Bill

Is jy SARIE se inspirasie vir 2017? As jy graag op die voorblad van SARIE wil wees, moenie wag nie – skryf in!

Daar is twee kategorieë: 18 tot 30 jaar (matriek voltooi) en 31 en ouer. Wen jy, is die Oktober-voorblad joune en jou lewe nooit weer dieselfde nie!

Hoe om in te skryf:

Jy kan slegs aanlyn, by SARIE.com, inskryf. Foto’s, in portretstyl, moet opgelaai word en moet 72DPI wees en nie groter nie as 4MB elk.

Hoe werk die wedstryd?

Jy moet minstens 18 jaar wees en reeds matriek voltooi het, en ’n SA of Namibiese burger wees. Inskrywings sluit 15 Mei 2017 om 08:00 stiptelik.

Die beoordelaars kies 36 semi-finaliste wat in SARIE se JULIE-uitgawe sal verskyn PLUS 4 wat die meeste stemme op SARIE.com gekry het.

Uit dié 40 semi-finaliste kies die beoordelaars 10 finaliste wat in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem sal word en in ons SEPTEMBER-uitgawe verskyn.

Daarna kan lesers aanlyn op SARIE.com vir hul gunstelinge stem.

Dié leserstemme sal saam met die beoordelaars s’n in ag geneem word om die 2 wenners aan te wys. Sien SARIE.com vir wedstrydreëls.

Waarna kyk SARIE?

– Positief en trots Suid-Afrikaans!

– ’n Warm glimlag en mooi tande.

– Jou oë moet sáámgesels – hulle moet sprankel.

– ’n Treffende gesig – jy moet weer en wéér wil kyk. Dit moet die leser verlei om SARIE van die rak af op te tel.

– Natuurlik mooi. Nee, nie soseer beeldskoon nie en nie noodwendig ’n model nie. Net ’n interessante gesig reg vir ’n SARIE-voorblad.

– Blink, gesonde hare wat goed versorg is. Die hare wat almal wil hê.