Logo
Byl
web uni tv guide

Die Byl

144Drama16VL

Huisgenoot Tempo’s 2017: kykNET wen groot

Nuus
25 Oktober 2017
Binnelanders, Die Byl en meer is met Huisgenoot Tempo-toekennings vereer.
Binnelanders-Germandt-JeAni

Kyk hoe mooi lyk Binnelanders se Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys saam! FOTO: Yolandi Jacobsz van Loci Photography

Huisgenoot se Tempo-toekennings het in 2017 ’n digitale baadjie aangetrek. Pleks daarvan om ’n glansgeleentheid (wat deur net ’n handjievol bekendes en rolspelers in die bedryf bygewoon word) te hou, word die wenners op Facebook en Twitter aangekondig – sodat die kunstenaars en lesers dit sáám kan beleef.

Die volgende kykNET-programme en -persoonlikhede het Tempo-toekennings ontvang:

TV-aanbieder van die jaar

Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika
Dié gewilde geselsprogram keer in April 2018 terug na die kassie.

TV-reeks van die jaar: Drama/sitkom

Die Boland Moorde
Die Boland Moorde-akteur Brendon Daniels is in 2018 op kykNET as Ricky in die nuwe seisoen van Sara se Geheim te sien.

Akteur van die jaar: Drama/sitkom

Waldemar Schultz – Die Byl
Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat die tekste vir die volgende seisoen van Die Byl klaar geskryf is!

Aktrise van die jaar: Drama/sitkom

Lika Berning – Die Byl

Sepie van die jaar

Binnelanders

Sepie-akteur van die jaar

Germandt Geldenhuys

Sepie-aktrise van die jaar

Je-ani Swiegelaar

Fliek-aktrise van die jaar

Simoné Nortmann

Fliek-akteur van die jaar

Francois Jacobs

Fliek van die jaar

Vir die Voëls

Hier is die volledige lys van benoemings.