Logo

Hoe naby is jy aan die rand van jou Afgrond?

Nuus
30 November 2020
Hoe naby moet ons aan die rand van ’n afgrond staan voor ons besluit om verantwoordelikheid vir ons eie besluite te neem?
Untitled design

’n Sielkundige, regsekretaresse, kandidaat-prokureur, glansende sepiester en begrafnisondernemer staar almal een vraag in die gesig.

In kykNET se nuwe dramareeks Afgrond, kruis vyf vroue uit uiteenlopende wêrelde se paaie, wanneer hulle vir hul bestaan baklei. Die boeinde en treffende reeks sal in die nuwejaar op die kassie wees.

Julia Cilliers (Jana Kruger) ’n sielkundige,  sukkel om haar skuldgevoel oor haar kind se dood te verwerk. Dit dwing haar om in ’n moeilike huwelik met Basson Brink (Stian Bam), die hoof van Cilliers, Mouton en Molefe, ’n suksesvolle regsfirma in Kaapstad, te bly.

Hannelie Fourie (Marguerite van Eeden) kom na Julia vir berading omdat sy by die werk seksueel mishandel word. Sy word gedwing om 'n moeilike keuse te maak wat haar eindelik sal bevry.

Lana Bridgett (Kim Cloete), ’n glansende seepster, ontwaak uit ’n vyf-jaar-lange koma en besef sy het geheueverlies. Sy kry hipnoterapie by Julia om haar te help onthou en sy ontdek skokkende, geheime oor haar verlede en haarself.

Nadine May (Gretchen Ramsden), 'n jong kandidaat-prokureur, bly in Vredendal. Haar droom word waar as sy ’n pos aangebied word by Cilliers, Molefe and Mouton. Sy moet kies tussen haar geliefde, Franklin (Roberto Kyle) en die nuwe werksgeleentheid.

Leora van Niekerk (Kanya Viljoen) moet haar pa se begrafnisonderneming oorneem. Terwyl sy kop bo water probeer hou by die werk, vind sy skokkende waarhede uit oor haar verloofde, Etienne (Wilhelm van der Walt).

Afgrond het ’n sterbelaaide-rolverdeling. Kykers kan ook uitsien na Elsabe Daneel, Ivan Zimmerman, Craig Adriaanse, Nadia Valvekens, Khadija Heeger, Chris van Niekerk, Maurice Carpede en nog vele meer. 

Dis Roberta Durrant, kreatiewe vervaardiger van Afgrond, se tweede reeks wat rondom vyf vroue draai. “Ek het nog altyd belangestel in inhoud wat kyk hoe verskillende mense en gebeure verwant is aanmekaar.

“So, ek het die konsep gehad om vyf vroue se lewens uit te weef en te wys hoe hulle verbind is. Ek is baie dankbaar vir kykNET dat ons die geleentheid gekry het om dié storie te vertel,” sê Roberta.

Die onderliggende temas van die reeks is patriargie en mishandeling in al sy verskillende vorme. Maar dis ook ’n reeks oor vroue wat deur hulle donkerste geheime werk om hulself te bevry. 

Afgrond word vervaardiger deur Penguin Films, wat ook reekse soos Projek Dina, Sara se Geheim en die telenovelle Arendsvlei, vervaardig.