Logo

Hier is die benoemings – 9de kykNET Fiëstas

Nuus
22 November 2018
Die benoemings vir die kykNET Fiëstas-toekennings 2019 is bekend!
Hier is die benoemings  2018

Die kykNET Fiëstas vereer jaarliks die werk wat die afgelope feesjaar opgelewer het en vanjaar het weer ’n ryk oes opgelewer.

kykNET streef daarna om talent te ontgin en aan te moedig deur geleenthede vir blootstelling en erkenning te skep. Die kykNET Fiëstas is hierdie platform wat elke jaar die grootste rolspelers byeen bring om die werk van die afgelope jaar te vier. Om dit moontlik te maak het die Fiëstas-paneel, wat uit tien lede en ’n sameroeper bestaan, nagenoeg 230 debuutproduksies deur die jaar gesien. 

Dié gala-geleentheid vind vanjaar op 14 Februarie 2019 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad plaas en word oudergewoonte regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Bennie Fourie sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Schalk Bezuidenhout, Gideon Lombard, Kay Karriem, Jarrid Geduld en Jill Levenberg as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Jo Black, Craig Lucas, Paxton, die Cape Dance Company, CPYO onder leiding van Chad Hendricks en UWC Choir. 

John Kani en Sandra Prinsloo word ook vir hul bydrae tot die skeppende kunste vereer en Eduard Greyling vir sy bydrae tot die uitvoerende kunste en ballet.  

Onthou om die Fiëstas op Twitter te volg, en gebruik die hutsmerk #Fiëstas2019.

BESTE AKTEUR:
Albert Pretorius – Bloed en bodem
Frank Opperman – Toutjies en Ferreira
Neil McCarthy – Curse of the Starving Class
Wilhelm van der Walt – Klippe wat val

BESTE AKTRISE:
Cintaine Schutte – Huishou
Joanie Combrink – Toutjies en Ferreira
Lee-Ann van Rooi – Ons is almal freaks hier
Nadia Valvekens – Huishou

BESTE MANLIKE BYSPELER:
Albert Pretorius – Ons is almal freaks hier
De Klerk Oelofse – Babbelagtig
Dean-John Smith – Klippe wat val
Dustin Beck – Kinnes

BESTE VROULIKE BYSPELER:
Anna-Mart van der Merwe – Swerfgoed
Esther von Waltsleben – Toutjies en Ferreira
Lee-Ann van Rooi – Kinnes
Sorina Erasmus – Antie Pohl

BESTE REGIE:
Ilana Cilliers en Wolf Britz – GodgOdgoD
Philip Rademeyer – Klippe wat val
Sylvaine Strike – Curse of the Starving Class
Nicole Holm en Wolf Britz – Toutjies en Ferreira

BESTE TEATERONTWERP:
The Loft Puppet Company (poppe) – Beloofde land / Promised Land
Wolf Britz en Ilana Cilliers (stelontwerp) – GodgOdgoD
Wolf Britz (scenografie) – Hierdie lewe
Wolf Britz (stelontwerp) – Toutjies en Ferreira

BESTE SPEL IN N SOLO-VERTONING:
Antoinette Kellermann – Hierdie lewe
Charlton George – Rokkie
Gérard Rudolf – Die kuns van verdwyn
Jefferson Dirks-Korkee – Rooilug

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Chase Rhys – Kinnes
Philip Rademeyer – Huishou
Philip Rademeyer – Klippe wat val
Saartjie Botha – Toutjies en Ferreira

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:
Anoecha Krüger – Raak
Carla Smith – Bloed en bodem
Devonecia Swartz – NRNNSA en Prinz Bettliegend
Kanya Viljoen (regie en teks) – Raak

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:
Charl du Plessis en Trio – Charl du Plessis Trio: Opposites attract
Charl du Plessis en Trio  – Charl du Plessis Trio: Dis opera
Conroy Cupido en Odeion School of Music – Handel Masterpieces
Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan – Viool dialoog

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:
Diane Victor – Little History: A Retroflection
Diane Victor – Skadu's en lig / Shadows and Light
Emma Willemse – Argiewe van verlies en verlange
Willem Boshoff – Druid Walks

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:
Boontoe! Engelstemme
Degrees of Honour: Sibongile Khumalo, Gloria Bosman en Amanda Strydom en die US Jazz Band 
kykNET Konsert 
Rymklets van Oos tot Wes 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:
Amanda Strydom: Stadig oor die klippers
Amanzi – Chant vir my dorsland
Gesnaarde gedigte
Lize Beekman: Stilte na die storm 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:
Afrika, my verlange / Afrique mon désir
David Kramer se Platteland
kykNET SOF Hip Pops
Lepeltjie vol snare

BESTE AANBIEDING:
Babbelagtig
GodgOdgoD
Klippe wat val
Toutjies en Ferreira

BESTE DUO OF ENSEMBLE:
Babbelagtig
Huishou
Die avonture van Bal-Oog & Brommel – moord in Ixiastraa
Toutjies en Ferreira

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:
Fotostaatmasjien deur Bibi Slippers en Wessel Pretorius
Hierdie lewe deur Saartjie Botha
Die avonture van Bal-Oog & Brommel – moord in Ixiastraat deur Sjaka Septembir
Tjieng tjang tjerries deur Jolyn Phillips en Jason Jacobs

Ongelukkig gaan daar geen kaartjies aan die publiek beskikbaar wees nie. Die publiek sal wel vanaf 3 Desember die geleentheid kry om vir hul gusteling-fees te stem in die kategorie van “Fees van die Jaar”.