Logo

Handig jou konsep hier in!

Nuus
22 Augustus 2018
Het jy ’n idee vir 'n dokumentêre reeks? Dan wil ons van jou hoor!
kykNET

In die afgelope paar jaar het programme en reekse in die genre van dokumentêr en feitlike vermaak plaaslik en internasionaal opspraak gemaak. kykNET is op soek na vars idees vir dokumentêre reekse, en programme wat unieke en relevante stories vertel wat op internasionale speelvlak kan meeding. 

Die gewildheid van onlangse reekse soos Wild Wild Country, Casting Jon Bonet, die Oscar-wenner Icarus, sowel as Leah Rimini: Scientology and the Aftermath het bewys dat dié genre ’n nuwe koers ingeslaanhet. Hierdie reekse kompeteer selfs met van die wêreld se mees suksesvolle drama-reekse.

OORSPRONKLIHEID:
Slegs unieke, oorspronklike voorstelle wat resoneer met ’n Afrikaanssprekende teikengehoor sal oorweeg word. Die verwerking van bestaande of oorsese konsepte is nie welkom nie.

DIE PROSES:

Fase 1
’n Goeie dokumentêre reeks vereis deeglike navorsing en deurdagte beplanning. Dit is krities dat jou voorlegging ’n volledige omskrywing van die konsep bevat, met duidelike temas, keerpunte en karakter-uiteensettings. Bewys van beskikbaarheid en toegang tot karakters, instansies, kenners en argiefmateriaal (indien van toepassing) is integraal tot die sukses van jou voorlegging. ’n Realistiese tydlyn vir die projek, sowel as ’n aanduiding van oorhoofse kostes moet ingesluit wees by die voorlegging.

Fase 2
Suksesvolle voorleggings sal oorweeg word vir ’n navorsing- en konsep-ontwikkeling-ooreenkoms.

Fase 3
Produksie-kontrak word uitgereik aan suksesvolle vervaardiger/s.

INHANDIGING:
Alle voorleggings moet aanlyn ingehandig word – kliek hier indien jy jou voorlegging wil inhandig.

VEREISTES:

  1. Vul kreatiewe konsep-dokument in (op inhandigingsportaal beskikbaar).
  2. Vul begrotingsdokument in (op inhandigingsportaal beskikbaar).
  3. Handig saam met bogenoemde dokumente ’n professionele voorleggingsdokument (in .pdf) in wat die volgende inligting vervat:
    1. ’n Konsep- en reeks-, of program-opsomming, ’n oorhoofse tema en premis, ’n uiteensetting van die karakters/kenners sowel as die voorgestelde storielyne en ontwikkeling van die tema.
  4. ’n Volledige lys van voorgestelde sleutelpersoneel met ’n kort opsomming van hulle ondervinding, en motivering vir hul betrokkenheid by die projek.
    1. Vervaardiger/s.
    2. Regisseur/s
    3. Navorsers en skrywers
    4. Kenners en spesialis deelnemers
    5. Rekenmeester
    6. Produksiespan

MAATSKAPPY INLIGTING:
Verskaf asseblief die volgende inligting saam met jou .pdf-voorlegging:

  1. Maatskappy se registrasienommer; BTW registrasiesertifikaat.
  2. ’n Kort opsomming van produksies wat binne die afgelope vyf jaar vervaardig is.
  3. Verwysings (verskaf minstens twee)
  4. Huidige BEE status

SLUITINGSDATUM – FASE 1:
31 Oktober 2018

NAVRAE
Toesigvervaardiger: Afrikaanse kanale
Beatrice Harrison
[email protected]

Bepalings en voorwaardes geld – laai dit hier af.