Logo

GROOTplaas-oes-uit-die-as-hulpfonds bekendgestel

Nuus
13 November 2020
Die GROOTplaas-oes-uit-die-as-hulpfonds is onlangs op GROOTplaas op kykNET bekendgestel.
GROOTPLAAS EB 3D 2019 UPDATE

Die inisiatief is van stapel gestuur na onlangse brande in die Vrystaat. Noord-Kaap en Noordwes nagenoeg 100 000 hektaar se landbougrond en gewasse verwoes het en duisende vee omgekom het. Sommige boere het in ‘n poging om die brande te probeer blus, ook ernstige brandwonde opgedoen.  

GROOTplaas bring kykers daagliks op hoogte van die jongste landbou-nuus en gesels met belangrike rolspelers oor die verskillende bedrywe en belangrike sake in dié sektor. GROOTplaas aanbieder, Elsa Esterhuizen, sê sy was diep geraak deur die verliese wat boere gely het as gevolg van die brande.  “Ek gesels op ‘n daaglikse basis met mense in die landbousektor oor sake wat hulle baie na aan die hart lê. Ons boere werk hard om voedselsekerheid te verseker en het ‘n onbeskryflike passie vir dit wat hulle doen.  Al kan hierdie inisiatief net tot ‘n klein mate help, sal ek bevoorreg voel dat ons GROOTplaas as platform kon gebruik om ‘n verskil te maak.”

Die publiek word aangemoedig om ‘n finansiële bydrae te maak. Die fondse sal verdeel en bestuur word deur Vrystaat Landbou, Agri Noord-Kaap en Agri Noordwes en vir die dringendste behoeftes in hulle onderskeie provinsies aangewend word.

Help ons boere om weer op te staan en te oes uit die as.

Volg die BackaBuddy-skakel om jou bydrae te lewer:
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/GROOTPLAAS-OES-UIT-DIE-AS-HULPFONDS?fbclid=IwAR1fz-K3blzZuA0_nQ0upxEPeTf6QT_DjQ4LHxfczGuH8qrRfALRTsg8RoY