Logo

GRAPKAS: Hier is die top-12-konsepte!

Nuus
15 Augustus 2018
Lees meer oor die 12 konsepte wat die kans staan om ‘n nuwe komediereeks op kykNET te word.
Top12 Grapkas_Billboard

Almal weet dat Silwerskermfees ’n broeikas is vir films. Ontmoet sy jonger boetie GRAPKAS – ’n broeikas vir humor. kykNET het ’n klip in die bos gegooi om nuwe komedieskrywers die geleentheid te gun om onder die mentorskap van ’n groep kenners hul idees verder te ontwikkel. Die terugvoer was oorweldigend en die top-12 konsepte is uiteindelik bekend.

Nou vir die groot vraag: Watter konsep staan die kans om ’n nuwe komediereeks op kykNET te word?

Konsep 1:
Oppie draadloos – geskryf deur Danie Matthee

’n Omstrede omroeper moet nuwe lewe in ’n sukkelende radiostasie blaas, maar ’n eksentrieke baas, maltrap-personeel en omroepers én ’n beeldskone advertensiebestuurder, maak dinge alles behalwe maklik.

Konsep 2:
Ses van die Besters 
 geskryf deur Kobus Galloway

Die disfunksionele Bester-gesin probeer om vir hul volwasse seun, Buks, ’n lewensmaat te vind en hom uit hul huis (en beursie) te kry voor sy tienjaar-skoolreünie. Dis egter moeiliker as wat dit klink – Buks is sonder hoop, sonder werk én sonder rigting.

Konsep 3:
Weermag – geskryf deur Scharl van der Merwe

Diensplig is terug! In ’n generasie-oorlog tussen jonk en oud, moet ’n bende onbekwame skoolverlaters mekaar trotseer terwyl hulle probeer om basiese opleiding te slaag, al vat dit hoé lank.

Konsep 4​
Frieda – geskryf deur Shimmy Isaacs

Factory worker Frieda quits her job to follow her dream of owning her own hair salon after completing Beauty Night School. With the support of her surprised husband and friends she turns their double door home garage into her dream hair salon, hiring a diverse of group of women, "die hare gaan fly".

Konsep 5:
Koeksusters – geskryf deur Lilly Van Zyl 

Koek is die kuur vir alles.

Konsep 6:
Shimmy en Melt – geskryf deur Shimmy Isaacs 

Shimmy and Melt, an interracial married couple, whose in-laws find interesting humorous ways of tolerating each other, with Shimmy and Melt playing referee.

Konsep 7:
Die Radiostasie – geskryf deur Liebie Opperman

90% van die pret by ’n radiostasie gebeur wanneer die mikrofone nie aan is nie…

Konsep 8:
Die skuiwers – geskryf deur Cornelis Koegelenberg

’n Bejaarde vrou raak deel van ’n bende se onwettige bedrywighede om ’n ekstra inkomste te verdien sodat sy haar sieklike kleinseun se mediese kostes kan betaal.

Konsep 9:
Die Blits Klits Klub – geskryf deur Jennis Williamson

Vyf alleenlopende dames begin hul eie klub…DIE BLITS KLITS KLUB...geen mans welkom.

Konsep 10:
Die Twee-en-twintig twintigs – geskryf deur Jacques Wolmarans

’n Opsigter met ’n visie probeer om die inwoners van sy saai kommune se studentejare in ’n onvergeetlike ervaring te verander.

Konsep 11: 
Die Gastehuis met Gees – geskryf deur Kate du Randt  

Hoe hard moet jy spook om van ongewenste gaste ontslae te raak?

Konsep 12:
Fluitjieblasers – geskryf deur Armand von Wielligh

Dit is ’n reeks wat gaan oor twee rugbyskeidsregters wat alewig in kompetisie is met mekaar om die hoofskeidsregter van die Rusty Rhinos op Rustenburg se rugbyklub te word. Hulle moet die veteraanblaser opvolg en hy moet sy opvolger kies.