Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Getroud met Rugby oor erfenisgebak

Nuus
12 Mei 2018
Ons bak vir erfenis saam met Getroud met Rugby se Marijke van der Westhuizen, Kate Roothman en Sean van Noordwyk.
GMR_Koeksisters

Foto: Getty Images

Ons jong Koekedoortjies het dit onlangs uitgespook om die beste erfenisgebak tot die tafel te bring. Dis egter nie net hulle wat nostalgies raak wanneer die woord “erfenis” opduik nie. Hier is wat ons Getroud met  Rugby-akteurs se hartsnare raak.

KRY EPISODE-WENNER WICUS SE RESEP HIER

Marijke van der Westhuizen:

  1. Wat beteken ons Koekedoortjies vir Suid-Afrika se erfenis, of Suid-Afrikaanse kinders wat bak oor die algemeen?
    Ek dink Koekedoortjie gee die perfekte platvorm vir Suid-Afrika se jong kokke om hul passie in ons tradisionele kos uit te leef, en dit is gesonde kompetisie wat goeie waardes vir die kinders leer. Kinders kry die geleentheid om hul eie kreatiwiteit uit te leef in ’n veilige omgewing waar tradisie ’n belangrike rol speel.
     
  2. Het jou familie ’n geheime resep? Wat maak hierdie resep so spesiaal?
    My ouma se Jan Ellis-poeding. Dis anders as gewone malvapoeding. Een van die bestanddele maak dit anders en dis die geheim om dit meer moist te maak in plaas van ’n droë poeding. Jan Ellis was gereeld gemaak in ons huis in my kinderdae.
     
  3. Watter gereg maak jou nostalgies oor jou kinderdae en hoekom?
    My ma se pampoenpoffertjies maak my nostalgies. Dit was gereeld ons gunsteling-gereg tydens ’n Sondae-ete. Dis souserig, ryk en soet. Die poffertjies is perfek gaar gemaak met die lekkerste vanielje-sous wat eerder soos nagereg proe as ’n bykos.

KYK OOK: ONS GROET VIR KOEKEDOORTJIE SE EVAN

Kate Roothman:

  1. Wat beteken ons Koekedoortjies vir Suid-Afrika se erfenis, of Suid-Afrikaanse kinders wat bak oor die algemeen?
    Sodat ons Suid-Afrikaanse disse (tradisioneel) kan voortleef van generasie tot generasie.
     
  2. Het jou familie ’n geheime resep? Wat maak hierdie resep so spesiaal?
    My oumagrootjie, ook genaamd Kate, het ’n hele boek vol resepte wat sy begin het toe sy jonk was. So daar is baie geheime resepte daarin. Die lekkerste is die koeksister- en roomys-resep.
     
  3. Watter gereg maak jou nostalgies oor jou kinderdae en hoekom?
    Pannekoek. Ek kan onthou toe ek vyf jaar oud was, hoe my tannie my toegelaat het om my eie pannekoeke te maak. Ek het altyd op die kas gesit en gekyk hoe sy pannekoek maak.

LEES MEER OOR KATE

Sean van Noordwyk:

  1. Wat beteken ons Koekedoortjies vir Suid-Afrika se erfenis, of Suid-Afrikaanse kinders wat bak oor die algemeen?
    Ek glo dat die jeug van vandag moenie onderskat word nie, hulle leer vir die ouer generasie ’n ding of twee. Hulle sien dinge anders raak. Hulle is die toekoms.
     
  2. Het jou familie ’n geheime resep? Wat maak hierdie resep so spesiaal?
    Nie waarvan ek bewus is nie, maar my ma se botterskorsie-sop wat sy van Google gekry het, is nogals lekker.
     
  3. Watter gereg maak jou nostalgies oor jou kinderdae en hoekom?
    My ouma se melkkos. As ek daaraan dink water my mond. Dit herinner my aan koue winderdae ná skool.

LEES OOK: SUIDOOSTER OOR ERFENISGEBAK

Koekedoortjie saai Woensdae om 20:00 op kanaal 144 uit. Moenie die volgende aflewering misloop nie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.