Logo
Fynskrif
web uni tv guide

Fynskrif

144Drama16 L

Fynskrif se rolverdeling bekend!

Nuus
13 Maart 2018
Fynskrif word binnekort in Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm en beloof om kykers op die punte van hul stoele te hou.
Fynskrif Showpage Billboard 1600 x 640

Kim Cloete, Neels van Jaarsveld en Tinarie van Wyk Loots is van die bekende gesigte wat in Fynskrif te sien gaan wees.

Fynskrif is ’n drama wat gesentreer is rondom die regsfirma, Van Wyk & Vennote. In elk van die 13 episodes het die prokureurs ’n saak wat hulle tussendeur persoonlike en familiedramas moet hanteer. Dis ’n mengsel van The Good Wife, Boston Legal, Parenthood en Brothers and Sisters en daar is ewe veel drama en komedie regdeur die reeks. Die reeks begin met een van die vennote wat aftree en fokus op siviele (en nie kriminele) sake, so daar is geen hofdrama nie. Daar word eerder op regsake en die emosie daaragter gefokus.

Hier is die volledige rolverdeling:
Neels van Jaarsveld – Ben van Wyk
Tinarie van Wyk Loots – Lara Kruger
Chris van Niekerk – Hans van Wyk
Cintaine Schutte – Katrien Nienaber
Kim Cloete – Anne Matthews
Beer Adriaanse – Corne Hanekom
Charlton George – Dolf Ungerer
Edwin van der Walt – Wian Marais
Crystal Donna Roberts – Thandi Ndlovu
Marguerite van Eeden – Alex Kruger
Luan Jacobs – Luke van Wyk
Jacques Bessenger – Jaco Kruger
Mia van der Merwe – Bella van Wyk
Susanne Beyers – Rene van Wyk

Hier is solank ’n lusmakertjie. 

Fynskrif speel af in Kaapstad en word verfilm in Stellenbosch en Somerset Wes. Hou kykNET se webbladFacebook- en Twitter-blad dop vir meer.