Logo

Francois van Coke en Vriende

Nuus
16 Mei 2018
AMP Events bied aan ‘n Suid-Afrikaanse rock-belewenis in samwerking met kykNET en Jacaranda FM.
Francois-van-Coke

Foto: By Jono


Plek: Sun Arena, Time Square Casino, Menlyn, Pretoria
Datum: 15 September 2018
Koste: R225 – R275
Kaartjies: Computicket

Dit is reeds 15 jaar sedert Francois van Coke beroemdheid verwerf het as voorsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rockgroep, Fokofpolisiekar. Hy is konstant besig om te skep, dus het hy reeds altesaam tien vollengte albums en vyf kortspelers agter sy naam. Hy het erkenning ontvang vir sy talente met ’n verskeidenheid die noemenswaardige toekennings wat ons land kan bied, insluitende vier SAMAs.

Sy solo solo-loopbaan het in 2015 afgeskop met die vrystelling van die aangrypendste ballade saam met Karen Zoid, Toe Vind Ek Jou. 

Hy het al saam met die room van die Suid-Afrika musiekbedryf gewerk. Dit sluit Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, en vele meer in.

Om hierdie ryk nalatenskap as ikoon en pionier te vier, sal Francois op 15 September 2018 ’n 120 minute lange rock-skouspel aanbied by Sun Arena, Time Square Casino. Francois sal sy samewerkings met verskeie van ons land se gesogste kunstenaars tydens dié skouspel ten toon stel.

“Al wat ek nog altyd wou doen was rugby speel of musiek maak. Musiek het my gekies, en ek het die voorreg gehad om saam met van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars te skryf. Ek en nege van hierdie vriende gaan 'n massiewe show in Pretoria gooi. Die 120 minute show gaan gepak wees met my mees bekendste songs, en die vriende gaan my op stage join. Moenie Francois van Coke & vriende by Sun Square Arena op Saterdag 15 September mis nie,” vertel Francois.

Francois van Coke en Vriende word aangebied deur AMP Events. Dit is natuurlik ook die span wat verantwoordelik is vir die Kings of Chaos, PIXIES, Symphonic Rocks, +LIVE+, Rock on the Lawn Music Festival, en onlangs ook Myles Kennedy se konserte. 

Andy Mac van AMP Events het die volgende te sê oor hierdie konsert: “As deel van die kern van ons besigheidsfilosofie, was ons nog altyd toegewyd om net met opregte en oorspronlike kunstenaars te werk. Ek ken vir Francois al vir baie jare en hy voldoen beslis aan hierdie vereiste; nes die ander kunstenaars op hierdie program. Dit is ’n voorreg om saam met hom en die ander mense te werk om iets baie spesiaal met hierdie konsert te skep.”

Die rugraat van die konsert sal Francois van Coke en sy groep, Die Gevaar, wees. Hulle sal verskeie van sy solo-treffers opvoer. Gedurende dié vertoning sal sy vriende by hom aansluit om die treffers wat hulle saam gemaak het, te vertoon. Die gaste sal ook van hul eie liedjies sing.

Kyk die video hier onder:




Die vriende:

  1. Jack Parow
  2. Majozi
  3. Fokofpolisiekar
  4. Die Heuwels Fantasties
  5. Laudo Liebenberg (aKING-voorsanger)
  6. Coenie de Villers
  7. Early B
  8. Arno Carstens
  9. Van Coke Kartel

Kyk ook hierdie video: 

 

Gebruik die hutsmerk #FVCenVriende op sosiale media vir meer inligting.