Logo

fliekNET: Spesiale fliekkanaal keer terug dié somervakansie

Nuus
27 September 2016
Skop jou skoene uit en kry jou springmielies gereed – kykNET se tydelike fliekkanaal, fliekNET, keer terug op 1 Desember 2016!
FliekNET Red

Die jaar lê al op sy rug en soos Kersfees vir ons wink is dit vir kykNET lekker om aan te kondig dat die gewilde fliekNET-kanaal weer vanaf 1 Desember 2016 tot 31 Januarie 2017 op DStv Premium en Extra beskikbaar gaan wees. Dié tydelike fliekkanaal sal weer oudergewoonte beskikbaar wees op DStv-kanaal 198.

Karen Meiring, direkteur kykNET-kanale, verduidelik: “kykNET is deesdae sinoniem met Afrikaanse flieks en dit is ’n voorreg om die gehalte flieks van die afgelope paar jaar met ons kykers te kan deel.”

Die nuus is bekend gemaak tydens ’n funksie by Multichoice in Johannesburg, en gaan verseker dat kykers saam met hul geliefde sterre van die silwerdoek en kykNET hierdie Desember ontspan.

Die rolverdelings spog onder andere met ensemble werke van Sandra Prinsloo, Deon Lotz, Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Heinz Winckler, Nadia Beukes, Lizz Meiring en Marcel van Heerden.

Kykers kan uitsien na die romantiese komedie Mooirivier wat vyf paartjies volg op hul reis na liefde. Daar is ook die Jeanne Goosen-komedie ’n Pawpaw vir my darling, wat spog met ’n uitsonderlike rolverdeling – ‘Pawpaw’ tref die loket met ’n miljoen.

Dan sorg Albert Maritz vir ’n hartroerende vertolking in die drama ’n Man soos my pa.

Die kleinspan kan uitsien na die avonture van Maya die By, terwyl Edwin van der Walt en Vilje Maritz die tieners se harte ’n bietjie vinnger sal laat klop in die branderplank-fliek, Die Pro.

Enkele hoogtepunte

Donderdag 1 Desember

19:00 – Ons Stories: Magic Moves
’n Jong danseressie moet na haar dansjuffrou-ma se pype dans en gaan studeer na skool eerder as om haar dansdrome te volg. ’n Rieldanser leer haar hoe om teen haar ma op te staan.

20:00 – Jimmy in Pienk

Jimmy is ’n stoere mielieboer wat na sy pa se dood uitvind dat die familieplaas bankrot is en twee geldwolwe skuld. Sy vervreemde skatryk oom is bereid om te help, maar met voorwaardes.

Vrydag 2 Desember

18:30 – Wie laaste lag

’n Werknemer wat vir die Ontvanger van Inkomste werk kom op ’n reuse-slenter met staatsgeld af waarby sy baas betrek word. As hy stief behandel word lek hy die inligting aan die pers...

20:00 – Mooiste Oktober

’n Verhaal oor ’n jong dokter, sy vriendin (’n onderwyseres wie se jonger broer ’n jeugmisdadiger is) en die venynige vooroordeel van die inwoners van die dorpie waarin die verhaal afspeel.

21:30 – Nantes

Danielle moet sak en pak terugtrek na haar pa, ’n bestuurder op ’n wynplaas, na haar verlowing verbreek is. Sy voel of sy nooit die hartseer sal kan afskud nie, tot daar iets gebeur...

Saterdag 3 Desember

18:00 – Wat maak Oom Kalie daar?

Gooi ’n opgesmukte burgermeester, ’n klomp blommekinders en ’n deurmekaar speurder saam op ’n plaas en jy kry ’n dolle komedie waarin misverstande seëvier. En dan is daar oom Kallie…

19:30 – Koebaaiklub

Anje word in beheer gelaat van ’n sukkelende begrafnisonderneming. Iemand bied vir haar en haar kollega geld aan om by ’n begrafnis te treur, waar hulle hulself oortref as roubeklaers…

20:00 – Hoofmeisie

’n Familie-komedie oor vier laerskool meisies, wat onder die invloed van hul kompeterende ma’s dieselfde droom deel – om hoofmeisie van Laerskool Stumbo Pops te word.

Sondag 4 Desember

18:30 – Eendag op ’n Reëndag

’n Menslike drama gebaseer op die gewilde radio-vervolgverhaal Die Rossouws van La Rochelle.

20:00 – Suurlemoen

Twee sestienjariges beland in moeilikheid: R30 000 se moeilikheid. Met hul oog op die prysgeld van ’n kompetisie, stig hulle hul eie rock band.

22:00 – Nommer Asseblief

Al die ou gesigte van die populêre TV-reeks is weer eens te sien in hierdie laglekker-komedie. Wanneer die ou spulletjie nog boonop betrokke raak by ’n dobbelpaleis, waai die hare.

Maandag 5 Desember

18:30 – Lokval in Venesië
20:00 – Egoli: Afrikaners is plesierig

Dinsdag 6 Desember

18:05 – Hoofmeisie
20:00 –Verkeerde Nommer

Woensdag 7 Desember

18:30 –  Boland!
20:00 – Ek lief jou

Donderdag 8 Desember

19:30 – Silwerskermfees: Vashouding
20:00 – Die Ongelooflike avonture van Hanna Hoekom

Vrydag 9 Desember

17:45 – Paljas
20:00 – Skelms

Saterdag 10 Desember

19:00 – Stadig oor die klippe
21:00 – Ons Stories: Een twee drie

Sondag 11 Desember

18:00 – Verkeerde nommer
20:00 – Strikdas

Maandag 12 Desember

19:30 – Silwerskermfees: Foto
20:00 – Stuur groete aan Mannetjies Roux

Dinsdag 13 Desember

19:15 – Silwerskermfees: Ompad
20:00 – Vrou soek Boer

Woensdag 14 Desember

19:00 – Ons Stories: Een twee drie
20:00 – Verraaiers

Donderdag 15 Desember

19:30 – Silwerskermfees: Foto
20:05 – Leeuloop

Vrydag 16 Desember

20:00 – My Broer se Bril
22:00 – Wolwedans in die Skemer

Saterdag 17 Desember

20:00 – You Must Be Joking
22:00 – Alles Wat Mal Is

Sondag 18 Desember

20:00 – Knysna
22:00 – Fiela se Kind

Maandag 19 Desember

19:00 – Ons Stories: Spiertier
20:00 – Lien se Lankstaanskoene

Dinsdag 20 Desember

18:00 – Ons Stories: Almal se beste pal
20:00 – Klein Karoo

Woensdag 21 Desember

19:00 – Ons Stories: Tuiskoms
20:00 – ’n Saak van Geloof

Donderdag 22 Desember

17:00 – Fiela se kind
20:00 – Orkney Snork nie 1

Vrydag 23 Desember

20:00 – Nag van Vrees
21:30 – Spook van Uniondale

Saterdag 24 Desember

20:00 – You must be joking too
21:30 – Silwerskermfees: Die Buurtwag

Sondag 25 Desember

20:00 – Mooirivier
22:00 – There’s a Zulu on my Stoep

Maandag 26 Desember

19:00 – Ons Stories: Karnavaltyd
20:00 - Koringberg

Dinsdag 27 Desember

19:05 – Ons Stories: Môre as ons groot is
20:00 – Pad na jou hart

Woensdag 28 Desember

20:00 – Faan se Trein
22:00 – Lelik is my offer

Donderdag 29 Desember

21:30 – Silwerskermfees: Vrek
22:00 – Liefste Madelein

Vrydag 30 Desember

20:00 – Die Laaste Tango
22:00 – Ballade vir ’n Enkeling

Saterdag 31 Desember

20:00 – Sweet and Short
22:00 – Bakgat 2: Tot die mag

Sondag 1 Januarie

20:00 – Paljas
22:00 – Oupa en die plaasnooientjie

Maandag 2 Januarie

19:00 –Ons Stories: Delilah
20:00 – Trompie

Dinsdag 3 Januarie

18:00 – Jimmy in pienk
20:00 – Hoor my lied

Woensdag 4 Januarie

19:00 – Ons Stories: Hospitaal op Horings
20:00 – Siener in die suburbs

Donderdag 5 Januarie

19:00 – Ons Stories: Die Staat se bul
20:00 – Die geheim van Nantes

Vrydag 6 Januarie

20:00 – Dans van die flamink
22:00 – My liedjie van verlange

Saterdag 7 Januarie

18:00 – Paljas
20:00 – As jy sing

Sondag 8 Januarie

18:00 – ’n Saak van geloof
20:00 – Die Pro

Maandag 9 Januarie

19:00 – Ons Stories: As ek huis toe kom
20:00 – Konfetti

Dinsdag 10 Januarie

19:30 – Silwerskermfees: Beurtkrag
20:00 – Kampus

Woensdag 11 Januarie

19:00 – Ons Stories: Delilah
20:00 – n Pawpaw vir my darling

Donderdag 12 Januarie

18:30 – Geheim van onderplaas
20:00 – Nooi van my hart

Vrydag 13 Januarie

20:00 – Nag van die 19de
22:00 – Trompie

Saterdag 14 Januarie

18:00 – Konfetti
20:00 – Knysna

Sondag 15 Januarie

20:00 – Fiela se kind
22:00 – Katrina

Maandag 16 Januarie

20:00 – Vlug van die Seemeeu
22:00 – Dis Ek, Anna

Dinsdag 17 Januarie

21:22 – Silwerskermfees: Konneksies
22:00 – Piet my niggie

Woensdag 18 Januarie

19:00 – Spel van Glorie
22:30 – ’n Pot vol winter

Donderdag 19 Januarie

20:00 – Tant Ralie se losieshuis
22:00 – Hans en die Rooinek

Vrydag 20 Januarie

19:00 – Ons Stories: Die voorspelling
20:00 – Die Spook van Uniondale

Saterdag 21 Januarie

19:00 – Ons Stories: Beauty Spot
20:00 – Maya die By

Skakel in op DStv-kanaal 198 vanaf 1 Desember tot 31 Januarie vir die mooiste stories in Afrikaans. Die volledige skedule is hier beskikbaar.