Logo

Fiëstas 2018: Hier is die benoemings

Nuus
03 Desember 2017
Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings 2018 is uiteindelik bekend. 
Fiestas benoemings

Die kykNET Fiëstas vereer jaarliks die werk wat die afgelope feesjaar opgelewer het en vanjaar het weer vir 'n ryk oes gesorg.

kykNET streef daarna om talent te ontgin en aan te moedig deur geleenthede vir blootstelling en erkenning te skep. Die kykNET Fiëstas is hierdie platform wat elke jaar die grootste rolspelers byeen bring om die werk van die afgelope jaar te vier.

Dié gala-geleentheid vind vanjaar op Donderdag 8 Februarie by Montecasino Teatro in Johannesburg plaas en word oudergewoonte regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Schalk Bezuidenhout sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Francois van Coke, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman en uittreksels uit benoemde werk.

Vanjaar is die publiek ook welkom om die aand by te woon. Vir diegene wat graag skouers met die benoemdes, bekendes en wenners wil skuur, kan hier kaartjies koop.

‘n Onafhanklike paneel besoek elke jaar die feeste waar nuwe Afrikaanse werk te sien is, en beoordeel die teater-, kuns- en musiek-aanbod. Hierdie jaar het Aardklop Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees gesamentlik gesorg vir 197 nuutgeskepte produksies. NATi (die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) het die afgelope jaar vier vlagskip-produksies vervaardig asook veertien produksies finansieël ondersteun wat by die onderskeie feeste te sien was.

Die kreatiewe span wat vir die uitsending van die kykNET Fiëstas verantwoordelik sal wees, bestaan uit onder meer Amy Jephta (regisseur), Wolf F. Britz (assistent-regisseur en tegniese versorging), Rudi Botha (televisie-regisseur), Janine Neethling (musikale-regisseur) en Juanita Kotzé (inkleding en kostuums). Die uitsending word in opdrag van kykNET deur IdeaCandy vervaardig.

kykNET Fiëstas-toekennings
8 Februarie 2018
20:00
Montecasino Teatro
Regstreekse uitsending: kykNET DStv-kanaal 144
KRY JOU KAARTJIES.

Volg die Fiëstas hier, en gebruik die hutsmerk #Fiestas2018 op sosiale media.

BESTE AKTEUR:
Albert Pretorius – Wild
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap 
Paul du Toit – Melk & Vleis 
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

BESTE AKTRISE:
Anna-Mart van der Merwe – Liewer 
Antoinette Kellermann – Asem 
Illse Roos – Melk & Vleis
Tinarie van Wyk Loots – Wild

BESTE MANLIKE BYSPELER:
David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Edwin van der Walt – Asem 
Kopano Maroga – Buite Land 
Wilhelm van der Walt – Liewer

BESTE VROULIKE BYSPELER:
Crystal-Donna Roberts – Altaar 
Elize Cawood – Buite Land 
Nicole Holm – Piekniek by Mpande (nee Dingaan)
Tarryn Wyngaard – Liewer

BESTE REGIE:
Jaco Bouwer – Liewer
Lara Bye – Die reuk van appels 
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – Buite Land

BESTE TEATERONTWERP:
Jaco Bouwer – Liewer; Stel 
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere; Stel en kostuums 
Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite Land; Stel 
Philip Rademeyer – Weerkaats; Stel en beligting 

BESTE SPEL IN N SOLO-VERTONING:
Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran 
De Klerk Oelofse – Strooijonker
Gideon Lombard – Die Reuk van Appels
Milan Murray – Weerkaats

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer 
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie 
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:
Des-Lee McKenzie – I(ras)ioneel 
Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis) 
Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis 
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera: Gunsteling musiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) Stemme vir Môre 
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers 
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments in a life

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:
Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A young retrospective 
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap 
Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the sublime… 
Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:
Innibos Jacaranda FM Konsert 
Rymklets van Oos tot Wes 
Ballades
Judith Sephuma 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:
Stef Bos – Bos Innibos
Amanda Strydom – So onner deur die maan 
Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar 
Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:
Zolani Mahola – Rok en Rol 
Piekniek by Mpande (née Dingaan) 
Die Riel van Hip-hop 
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman

BESTE AANBIEDING:
Melk & Vleis
Buite Land 
Die reuk van Appels
Liewer

BESTE DUO OF ENSEMBLE:
Mike & Mavis 
Liewer 
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie 
Nêrens, Noord-Kaap

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:
Die Reuk van Appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die Koninkryk van die Diere, vertaling deur Marthinus Basson 
Die Fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers 
Buite Land, Oorspronklike teks: Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta 

’n Onafhanklike paneel was teenwoordig by Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees om al die produksies te kyk en te beoordeel.