Logo

Fiëstas 2017: Hier is die benoemdes

Nuus
09 Desember 2016
Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings is bekend gemaak! Klik hier vir die volledige lys.
kykNET Fiestas

Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings is bekend gemaak. Die Fiëstas, die enigste toekenning van sy soort in die land, vereer sedert 2011 rolspelers vir hul uitsonderlike bydraes tot die land se grootste kunstefeeste.

“Die Fiëstas-paneel het in 2016 meer as honderd Afrikaanse debuutproduksies gesien,” sê Naudé van der Merwe, sameroeper van die Fiëstas-paneel. “Ons het belangrike insig gekry in wat vir kunstenaars en feeste belangrik is en ons kon elke fees se unieke karakter voel. Die spieël wat kunstenaars vir gehore ophou, reflekteer die tyd waarin ons leef en soms laat dit mens angstig, soms laat dit jou lag, huil, in verwondering staan, soms laat dit jou koud, maar meestal word jy geïnspireer.”

Een van die aanpassings wat die Fiëstas-paneel in samewerking met die organiseerders gemaak het, was om die musiekkategorieë uit te brei.

“In die musiekkategorieë was daar so ’n groot verskeidenheid dat ons besluit het om die kategorieë aan te pas en ’n wyer net te gooi om sodoende meer erkenning te gee,” sê Van der Merwe. “Daar is nou een kategorie vir grootskaalse produksies, een vir meer intieme musiekvertonings en een vir musiekvertonings wat ’n duidelike narratief volg.”

Die kategorie vir Beste Opkomende Kunstenaar is ook vanjaar terug met vier talentvolle jongelinge wat vir die toekenning in aanmerking kom. Daar is dus, ingesluit die toekennings vir die gunsteling fees en die Blou Stoel-toekenning, vanjaar ’n totaal van sewentien Fiësta-toekennings op die spel.

Die kykNET Fiësta-toekenningsgeleentheid vind op Donderdag 23 Februarie 2017 in die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad plaas en word regstreeks op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.

Vier jong regisseurs, Nico Scheepers, Amy Jephta, Wolf Britz en Steven van Wyk, is as deel van ’n mentorskap-program by die toekenningsaand betrek. Hulle sal elkeen verantwoordelik wees vir die vier vermaak-segmente van die aand, wat die opening en finale insluit. Die uitvoerende regisseur van die toekenningsaand is Ian von Memerty en die musiekregisseur is Janine Neethling. Die TV-regisseur vir die regstreekse uitsending is Rudi Botha.

Hiermee die benoemdes in die onderskeie kategorieë:

BESTE AKTEUR

Chris van Niekerk – Pa (KKNK)

John Kani – So Ry Miss Daisy (Aardklop)

Stefan Erasmus – As (Woordfees)

Tobie Cronjé – Kul (KKNK)

BESTE AKTRISE

Antoinette Kellerman – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

Ilse Klink – Kristalvlakte (SOF)

Karli Heine – Heidi (KKNK)

Sandra Prinsloo - So Ry Miss Daisy (Aardklop)

BESTE MANLIKE BYSPELER

Albert Pretorius – Hond se Gedagte (Woordfees)

Dawid Minnaar - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

Dean-John Smith – Kristalvlakte (SOF)

Tobie Cronjé – Heidi (KKNK)

BESTE VROULIKE BYSPELER

Cintaine Schutte - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

Lynelle Kenned – Heidi (KKNK)

Nicola Hanekom – Kul (KKNK)

Nicole Holm – In Ongenade (Woordfees)

BESTE REGIE

Francois Toerien – Heidi (KKNK)

Jaco Bouwer – In Ongenade (Woordfees)

Marthinus Basson – Die Gangsters (Woordfees)

Nico Scheepers – Rooivalk (Woordfees)

Wessel Pretorius – Die Ontelbare 48 (Innibos)

BESTE TEATERONTWERP

Birrie le Roux (kostuums) – Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

Francois Toerien en Kosie Smith (beligting, stel, kostuums) – Heidi (KKNK)

Jaco Bouwer (stelontwerp) – In Ongenade (Woordfees)

Rocco Pool (stelontwerp) - Die Huis van Bernarda Alba (KKNK)

BESTE SPEL IN 'N SOLO-VERTONING

Anthea Thompson – My Briljante Egskeiding (Woordfees)

Frank Opperman – Hond (Innibos)

Richard September – Rooivalk (Woordfees)

Wessel Pretorius – Die Ontelbare 48 (Innibos)

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE OPVOERING

Dana Snyman en Frank Opperman – Hond (Innibos)

Francois Toerien, Grethe van der Merwe en Wolf Britz – Hensop! (Woordfees)

Nico Scheepers – Rooivalk (Woordfees)

Wessel Pretorius - Die Ontelbare 48 (Innibos)

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR

David Viviers – Klara Maas se Hart is Gebreek (KKNK)

Faith Kinnair – Valencia (KKNK)

Tarryn Wyngaard – Kristalvlakte (SOF)

Vashti Prins – Die Gangsters (Woordfees)

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS

Alex Hamilton - kurator van visuele kunsprogram (Woordfees)

Amanda Botha – Herinnering aan Distrik 6: 'n Foto-uitstalling (SOF)

Hannalie Taute – Stink Afrikaners (Woordfees)

Lien Botha – Wonderboom (Woordfees)

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK

Erik Dippenaar, Elsabé Richter en Bridget Rennie-Salonen – Camerata Tinta Barocca: Handel in die Voorkamer (Klein Karoo Klassique)

Grethe Nöthling, Mathildie Wium en Stephanus Muller – Nagmusiek (Klein Karoo Klassique)

Stefan Temmingh en Erik Dippenaar – Corelli & Co. (Woordfees)

Albie van Schalkwyk, José Dias en Francois du Toit – Three Pianos (Vrystaat)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – ARENA

Die Liedjieboer (Woordfees)

Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band (KKNK)

Boontoe: Engelstemme vir Paasfees (KKNK)

Kô Laat Ons Sing – Adam Small (Woordfees)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM

Hunkering na die Ses (SOF)

Mathys Roets (Aardklop)

Naledi Berge Nog So Blou (KKNK)

Rugsak Vol Robyne: Amanda Strydom (KKNK)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER

Die Afrikaansvatter (KKNK)

Hensop! (Woordfees)

Heidi (KKNK)

Huistoe (SOF)

BESTE AANBIEDING

As (Woordfees)

Kul (KKNK)

Die Ontelbare 48 (Innibos)

Rooivalk (Woordfees)

Die benoemings vir Gewildste Fees is ook bekend:

Aardklop Nasionale Kunstefees
Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees
Vrystaat Kunstefees
Oppiwater Kunstefees

Kykers kan van 12 Desember 2016 tot 13 Januarie 2017 hier vir hul gunsteling-fees stem.

Kyk die video hier onder:



Die Bloustoel-toekenning sal tydens die Fiëstas bekend gemaak word.