Logo

Fiela se Kind binnekort op silwerdoek! – kykNET Films

Nuus
14 Mei 2019
Lees meer oor Brett Michael Innes se filmaanpassing van die bekroonde verhaal.
Fiela se kind

Foto deur Fathom Media

The Film Factory en Nostalgia Productions is trots om aan te kondig dat ’n nuwe filmaanpassing van Fiela se Kind, die topverkoper-roman deur Dalene Matthee, rolprentteaters regoor Suid-Afrika op 13 September 2019 sal tref. 

Met regie deur Brett Michael Innes, skrywer/regisseur van die 2017 SAFTA-wenner vir die film, Sink, is die film vervaardig deur Danie Bester (Vir Altyd, Vaselinetjie en Stroomop) in samewerking met kykNET Films, Filmfinity (Pty) Ltd en die Departement van Handel en Nywerheid. 

Hier is ’n kykie agter die skerms:

Gallery


“Die storie van Fiela is hartverskeurend en treffend,” sê Bester vanuit die kantore van The Film Factory. “Die roman het ’n spesiale plek in die harte van baie Suid-Afrikaners en, hoewel dit in 1985 geskryf is, glo ons dat dit temas het wat steeds vandag tot ons spreek.”

Die roman is voorheen aangepas in ’n film in 1988 deur regisseur Katinka Heyns met Shaleen Surtie-Richards in ’n uitvoering wat so ikonies was as die karakter deur wie dit geïnspireer is. 

“Natuurlik sal daar vergelykings getref word met die eerste aanpassing,” sê Innes, wie ook die draaiboek vir die film geskryf het. “Ons weet dat ons dit nie kan vervang nie en ons probeer nie om dit te doen nie. Klassieke literatuur het ’n manier om verskillende kunstenaars te inspireer om dit op verskillende maniere te vertel en ons glo dat Fiela se Kind in daardie kategorie is. Dit is waarlik ’n tydlose verhaal.” 

Die verhoogaktrise Zenobia Kloppers bring lewe aan Fiela Komoetie; met die nuwelinge Luca Bornman en Wayne Smith in die rol van Benjamin Komoetie. Drikus Volschenk en Cindy Swanepoel verskyn onderskeidelik as Elias en Barta van Rooyen met Melissa Willering, Andre Stoltz, Wayne van Rooyen en Stefan Erasmus ook in die rolverdeling. 



“Dit is ’n groot eer om hierdie karakter op skerm te vertolk,” sê Kloppers, wie die rol in die 2007-verhoogproduksie vertolk het. “Fiela het ’n manier om selfs die hardste harte te smelt en haar reis is een wat ons herinner om almal beter mense te wees.” 

Met kinematografie deur Tom Marais (Ballade vir ’n Enkeling, Verraaiers en Hunter Killer) en redigering deur C.A. van Aswegen (Ellen Pakkies, en Raaiselkind), is die film op lokasie geskiet in die Knysna Bos en in die Karoo met produksie-ontwerp deur Chantel Carter (Bram Fischer en Kalushi), grimering deur Maritsa Maritz (Vuil Wasgoed en Thys & Trix) en kostuums deur Mari van der Merwe (Buurtwag). Charlotte Buys (Noem My Skollie en Shepherds and Butchers) is in beheer van die klankontwerp met ’n oorspronklike klankbaan deur Kyle Shepherd (Noem My Skollie).

Die rolverdeling sluit in:

Die span agter die skerms is:

Fiela se Kind word landswyd in teaters op 13 September 2019 deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik. Deel hierdie nuus met jou vriende met die hutsmerk #FielaSeKind op FacebookTwitter en Instagram. Vir meer inligting, sluit aan by Fiela se Kind se Facebook-blad, of volg Film Factory op Instagram.