Logo

En die wenners is ... – Silwerskermfees 2019

Nuus
24 Augustus 2019
Jy het dit eerste hier gesien.
Silwerskermfees wenners

Die 9de kykNET Silwerskermfees is 21 – 24 Augustus 2019 in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Dié fees het die afgelope nege jaar meer as 160 kort- en speelfilms opgelewer, waarvan verskeie internasionale erkenning gekry het.

Vanjaar kon feesgangers ’n verskeidenheid kortfilms en speelfilms kyk en paneelbesprekings bywoon. Drie internasionale kundiges is ook by die fees verwelkom: Dorothee Wenner van Berlinale, Peter Cowley van Spirit Digital Media in Londen en die Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, wat die afgelope paar dekades naam gemaak het in die VSA.

Saterdag 24 Augustus is die Silwerskermfees toekenningsgeleentheid gehou, met June van Merch en Bennie Fourie as aanbieders. Tobie Cronjé is ook vereer as vanjaar se Silwerskermlegende vir sy besondere bydrae tot die filmindustrie.

Ons het met vanjaar se wenners gesels oor onder meer die toekoms van Afrikaanse films én Silwerskermfees. Kyk die volledige video hier. 

Hiermee die wenners van die aand:

KORTFILMS

Beste kortfilm
Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr

Beste draaiboek
Luan Jacobs – Hoe om ’n perd te teken

Beste regisseur
Stefan Benadé – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste akteur
Luan Jacobs – Hoe om ’n perd te teken

Beste aktrise
Ansu Visser – Binnelandse Sake

Beste manlike byspeler
Ludwig Binge – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste vrouelike byspeler
Ilse Oppelt – Janneman

Beste produksie-ontwerp
Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My Gelykenis

Beste redigerig
Canya Cruywagen – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr

Beste kinematograaf
Janhendrik Burger – My Gelykenis

Beste grimering en haarstilering
Charné Burger – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste kostuumontwerp
Juanita Ferreira – Die Begrafnis

Beste klankontwerp
Wesley Ayliffe – Binnelandse sake

Kry die volledige lys van benoemings hier. 

Webreekse
Deur die Blare

Gehoorgunsteling
Fiela se Kind

Draaiboeksoek
Gerhard Marx – Asem
Reginald Hufkie – Kinderhuis kind
Nico Steyn – Skrop

Blitsfilms
Ilka de Beer – Cry/Huil
Melanie Tait – Ligspoor

Kliek hier vir die digitale projekte.  

Blaai hier onder deur foto
s:

Gallery

VOLLENGTE FILMS

Beste speelfilm
Poppie Nongena

Beste draaiboek
Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena

Beste regisseur
Christiaan Olwagen – Poppie Nongena

Beste akteur
Stian Bam – Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Beste aktrise
Clementine Mosimane – Poppie Nongena

Beste manlike byspeler
Chris Gxalaba – Poppie Nongena

Beste vroulike byspeler
Nomsa Nene – Poppie Nongena

Beste produksie-ontwerp
Chantel Carter – Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Beste redigering
Eva du Preez – Poppie Nongena       

Beste kinematograaf
Vicci Turpin – Poppie Nongena

Beste oorspronklike klankbaan
Kyle Shepherd – Fiela se Kind

Beste grimering en haarstilering
Gale Shepherd – Poppie Nongena

Beste kostuumontwerp
Sylvia van Heerden – Poppie Nongena

Beste klankontwerp
James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena

Beste ensemble-spel
Poppie Nongena

Wat dink vanjaar se wenners van die toekoms? Vind hier uit. 

Kry die volledige lys van benoemings hier

Deel hierdie nuus met jou vriende deur die hutsmerk #Silwerskermfees op sosiale media te gebruik en gesels saam op FacebookTwitter, en Instagram.