Logo

Dis tyd vir fliekNET!

Nuus
04 Desember 2017
fliekNET is vir ’n derde jaar terug! Nou is jou kans om ’n bietjie te “binge watch” aan al jou gunsteling Afrikaanse flieks – van toeka tot nou.
fliekNET

Wat is nou lekkerder as om in die vakansietyd met ’n bak springmielies, op die bank, voor die kassie neer te plak en in van jou gunsteling flieks te ontsnap?

Vanaf 16 Desember 2017 tot 12 Januarie 2018 is fliekNET weer op DStv-kanaal 198 te sien. Kykers kan uitsien na ’n propvol skedule, en sal beslis elke dag ’n groot verskeidenheid Afrikaanse ieks kan sien.

Op Maandae kan kykers terug reis in tyd om al die tydlose flieks te geniet. Dinsdae is propvol flieks om die tieners gedurende die vakansietyd uit die moeilikheid uit te hou. Woensdae sorg weer vir liefdesverhale en romanse, terwyl diepsinnige Donderdae sal sorg vir ’n spul flieks om oor na te dink. Vrydae hou ons kykers op hulle tone met rillers, aksie en gruwel flieks.

Op Saterdae gaan daar ook ’n ekstra bederf vir die kleinspan wees, en daarmee saam ’n ruskans vir al die ma’s en pa’s wat so hard grootgemaak het deur die jaar, want op Saterdagoggende rondom 10:00 sal fliekNET die kleiner kykers oorrompel met Khumba, Heidi, Die sneeukoningin en Maya die by.

Kyk die video hier onder:

 

DStv Catch Up Plus

Vir dié van julle wat nie tyd vir stilsit gaan hê hierdie vakansie nie, ondersoek gerus die opsie om jou dekodeerder aan die internet te koppel. DStv Premier-verbruikers wie se dekodeerders aan die internet gekoppel is, kry toegang tot DStv Catch Up Plus, waar al die fliekNET-flieks tot einde Februarie afgelaai en geniet kan word.

Op die spyskaart:

  • Tydlose Maandae
  • Jeugdige Dinsdae
  • Hartstog Woensdae
  • Diepsinnige Donderdae  Vreeslike Vrydae
  • Kleinspan Saterdae
  • Skaterlag Saterdae
  • Drama ese Sondae

HOOGTEPUNTE:

 

Tydlose Maandae

Paljas
Drama
25 Desember om 19:50 op fliekNET

’n Spoorwegwerker en sy gesin bly op ’n afgeleë dorpie in die Karoo. Hulle eenvoudige, dóg moeilike lewens verander drasties wanneer die sirkus hulle opwagting maak. Skielik kry hulle bestaan, ’n magiese kwaliteit en word alles in hulle lewens gelukkiger en duideliker.

Fiela se Kind
Drama
1 Januarie om 19:50 

Fiela se Kind vertel die prag ge verhaal van ’n bruin vrou se liefde vir haar wit optelkind. Fiela Komoe en haar gesin word uitmekaar geskeur wanneer die magistraat haar “hanskind” wil wegneem en in sy regte ouers se sorg wil terugplaas.

Stuur Groete Aan Mannetjies Roux
Drama
8 Januarie om 18:10 

’n Tienermeisie se kuier by haar oom en tante in die Karoo verander in ’n ontdekkingsreis, waartydens sy moet uitvind wie sy werklik is. Drie besoekers verander haar lewe onherroeplik.

Jeugdige Dinsdae
 

Hollywood in my Huis
Romantiese Komedie
19 Desember om 19:50 

Dit is matriekafskeidtyd in 2004 en Jana van Tonder is geïnspireer deur Charlize Theron se Oscar. Sy besluit om haar matriekafskeid in haar eie Hollywood-glansgeleentheid te omskep.

Strikdas Komedie
21 Desember om 16:20 

Willemien se lewe verander handomkeer wanneer sy vir Vossie, die grootste nerd op kampus, huistoe neem om haar pa en ekskêrel 'n les te leer.

Jou Romeo
Romantiese Komedie
2 Januarie om 20:30 

Twee gedetermineerde drama-entoesiaste gaan uit hulle pad uit om hulle Shakespeare droomproduksie ’n realiteit te maak; met ’n paar onverwagse nagevolge.

Bakgat! Tot die mag 3
Komedie
9 Januarie om 18:10

Wimpie en sy verloofde, Katrien, emmigreer na Engeland, waar ’n rugbyklub vir hom ’n kontrak aangebied het. Hulle besef egter dat die lewe in London nie so cool is soos wat hulle gedink het nie.

Hartstog Woensdae
 

Vir Die Voëls
Romantiese Komedie
20 Desember om 19:50 

’n Korrelkop, rabbedoe meisie, wat daarvan oortuig is dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, word op alle vlakke uitgedaag wanneer die seun wat haar kleintyd geterg het, weer sy opwag ng in haar lewe maak.

Leading Lady
Romantiese Komedie
27 Desember om 21:30

’n Engelse aktrise oorreed ’n boer van Brandfort om haar te help voorberei vir ’n uitdagende rol in ’n Hollywood rolprent – dié van ’n Afrikaanse oorlogsheldin.

Pad na jou hart
Romanse
10 Januarie om 19:50 

Basson van Rensburg het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take op sy reis eers voltooi, voordat hy die suksesvolle familiebesigheid kan oorneem.

Mooirivier
Romantiese Komedie
3 Januarie om 19:50

Dié eerste ensemble-rolprent in Suid-Afrika volg die stories van agt paartjies, tussen die ouderdomme van 10 en 70, wat elk op hulle eie avontuur van liefde gaan en uitvind wat die liefde nou eintlik beteken.

Diepsinnige Donderdae
 

Sink
Drama
21 Desember om 20:35 

’n Mosambiekse huiswerker moet moeilike besluite neem, nadat haar dogtertjie tragies sterf, terwyl haar een werkgewer toesig gehou het. Dinge word selfs verder gekompliseerd wanneer sy uitvind dat haar werkgewers hulle eerste kind verwag.

Noem my Skollie
Aksie/Drama
28 Desember om 22:15 

’n Jong man beland in ’n Kaapse tronk in die 1960’s. Hy gebruik sy talent as storieverteller om homself teen die bendes in die tronk te beskerm.

Ballade vir ’n Enkeling
Romantiese Drama
4 Januarie om 20:40

Nadat ’n bekende Suid-Afrikaanse skrywer verdwyn, word ’n joernalis deur ambisie gemotiveer om dié skrywer se geheimsinnige geskiedenis aan die lig te bring.

Agter Elke Man
Drama
11 Januarie om 18:20

’n Gevangene word op parool vrygelaat, maar het ’n obsessie om hom te wreek op die man wat verantwoordelik is vir sy straf. Dinge raak nog meer gekompliseerd wanneer daar ’n onverwagse moord plaasvind.

Vreeslike Vrydae
 

Wolwedans in die Skemer
Riller
22 Desember om 19:50

’n Jong vrou aanvaar ’n pos by die Hotel Njala. Oppad daarheen is sy in ’n frats motorongeluk en verloor haar geheue. Sy word ingetrek by die lewens van die familie wat dié vreemde hotel bestuur.

Die Spook van Uniondale
Riller
29 Desember om 19:40

’n Jong sakeman se naweekplanne verander dras es wanneer sy voertuig meganiese probleme nét buite Uniondale ontwikkel. Terwyl hy wag dat sy motor herstel word, leer hy van die spook van Uniondale.

My Broer se Bril
Riller/Misdaaddrama
5 Januarie om 21:30

’n Hewige geveg tussen tweelingbroers, Adriaan en Paul van der Bijl, veroorsaak dat Adriaan blind agtergelaat word en Paul sy eie koers inslaan. Adriaan bly by sy siek pa agter en jare later ontstaan daar opnuut twis tussen die broers oor wie die familiefortuin sal erf.

Aanslag op Kariba
Aksie
12 Januarie om 21:40

’n Bus vol toeriste word by die Karibadam in Zimbabwe ontvoer en in ’n kragsentrale saam met heelwat plofstof toegesluit. Net Kaptein Caprivi en sy manne kan hulle dalk red.

Kleinspan Saterdae
 

Khumba
Animasie
16 Desember om 10:30

Khumba is ’n jong sebra wat blameer word vir die skielike droogte wat die land getref het. Hy span kragte saam met twee ongewone reismaats om ’n legendariese watergat op te spoor.

Heidi
Kinderliteratuur
23 Desember om 10:00

Beleef allerlei avonture saam met Heidi, haar oupa en Peter in die berge. Kyk ook hoe die nare Juffrou Rottenmeier haar lewe omkrap wanneer sy begin skool toe gaan.

Skaterlag Saterdae
 

Nommer Asseblief
Komedie
30 Desember om 22:00

Al die ou gesigte van dié populêre TV-reeks is weereens in hierdie bekende lekkerlag komedie te sien. Dit handel oor die De Waals en hul kleurvolle familie, vriende en mededingers in en om ’n dorpie in die Overberg.

Tolla is Tops
Komedie
6 Januarie om 21:15 

Tolla van der Merwe probeer mense uitvang met sy wolhaarstories en sy slagoffers se reaksies word met versteekte kameras verfilm. Kom lag lekker saam met hierdie legendariese grapjas!

Dramatiese Sondae
 

Die Windpomp
Drama
24 Desember om 18:50

Henry beland as gevolg van omstandighede buite sy beheer, by sy seniele, teruggetrokke oupa in ’n aftree-oord. Hy kom gou agter dat daar geheime skuil en dat een van dié geheime, hom die liefde van sy lewe kan kos.

Lien se Lankstaan Skoene
Drama
17 Desember om 18:40

Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele gesin, wat oornag brandarm geword het. Lien moet self plan maak en inspring om brood op die tafel te sit.

Faan se Trein
Drama
7 Januarie om 21:20 

Faan het nooit die onskuld en eenvoud van ’n jong kind ontgroei nie. Wanneer Faan se pa sterf, los hy al sy besittings om verdeel te word tussen Faan en die kerk.

Verskietende Ster
Drama
7 Januarie om 19:50 

Phillip Schuman se wêreld stort in duie die dag toe sy ma sterf. Terwyl sy pa, Tomas, lankal reeds moed opgegee het met die lewe, probeer Phillip hard om sy droom om ’n pianis te word, te bewaarheid.