Logo
GN 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Groen: Namibië

144ReisprogramPG

Die Boekklub 2 en vele meer

Nuus
05 Junie 2017
Vuurwarm vermaak kom na kykNET in Julie – skuif solank nader!
Boekklub 2 Bill

FOTO: Armand Aucamp is eersdaags weer as Tom te sien in Die Boekklub 2.

Aanhangers van Die Boekklub sal verheug wees oor die nuus dat dié gewilde kykNET-reeks sy terugkeer na die kassie gaan maak. Maar dis nie al nie: Kykers kan uitsien na nuwe seisoene van Groen: Namibië en Slank, sowel as splinternuwe reekse soos Kook en Geniet en Elke Skewe Pot.

Lees meer oor die tydgleuf-veranderinge en belangrike datums in Julie hier.

Hier is ’n voorsmakie van wat voorlê vir kykNET-kykers in Julie:

Kook en Geniet

Leefstyl/Kos

Woensdae om 20:00

Begin 5 Julie

Lise Swart

Die ikoniese Kook & Geniet beklee al vir dekades lank ’n spesiale plek in baie Suid-Afrikaanse huishoudings en kombuise. Die reeks word ingelei deur die verhaal van Mev. S.J.A. de Villiers en die geskiedenis van die boek. Aanbieder Lise Swart voer onderhoude met haar dogters, Eunice en Heleen.

Elke Skewe Pot

Komedie

Maandae om 20:00

Begin 10 Julie

Marisa Drummond, Carien Botha, Franci Swanepoel en Carine Rous

Vier vroue in verskillende lewensfases werk vir ’n aanlyndiens bekend as “Elke Skewe Pot”, waar hulle vir ander mense gereeld pasmaats vind. Tog ontwyk ware liefde hul steeds.

Die Boekklub 2

Drama

Dinsdae om 20:00

Begin 11 Julie

Armand Aucamp en June van Merch

Een van ons gunsteling dramas is terug op kykNET vir ’n tweede seisoen. Tom en die boekklub-lede beleef saam avonture en die karakters kruip diep in kykers se harte. Gaan Tom in Merweville bly? Kom Lily terug? Kyk saam om uit te vind.

Parlement Parlement

Leefstyl

Maandae om 20:30

Begin 10 Julie

Elana Afrika-Bredenkamp en Louw Venter

Parlement Parlement is ’n skreeusnaakse paneelprogram waar komediante die parlement oorneem om die sake wat Jan Alleman die diepste raak te debateer. Dis ’n plek waar ons uiteindelik saam met ons politici kan lag, in plaas van net vír hulle. Elana Afrika-Bredenkamp is Madam Speaker en Louw Venter en Joey Rasdien die opposisie.

Groen: Namibië

Leefstyl

Woensdae om 20:30

Begin 12 Julie

’n Toneel uit ’n vorige seisoen van Groen: Namibië

In Groen: Namibië sien ons hoe dinge werk by die rehabilitasiesentrum Naankuse en wat dit verg om ’n wilde dier te rehabiliteer en vry te laat in die natuur.

Jý Geld

Finansies

Sondae om 18:00

Begin 9 Julie

Lynelle Kenned

Laat net die gedagte aan finansiële beplanning jou in koue sweet uitslaan? Ontspan! In ons splinternuwe reeks, Jý Geld, met aanbieder Lynelle Kenned, spreek ons al daardie klein jakkalsies aan. Ons praat oor hoe jy moet beplan vir jou troue, huiskoop, kinders en aftrede en kyk saam na spaar- en beleggingsopsies vir die toekoms.

Hond se Gedagtes

Diere

Dinsdae om 17:30

Begin 4 Julie

Elke hond kry sy dag danksy Hond se Gedagtes!

As jy wil uitvind hoekom honde die mens se beste vriend geword het en waarom dit waarskynlik nog lank so sal bly, sal dié reeks al jou vrae beantwoord. Ons kyk ook na die geskiedenis en argeologie – waar die hond vandaan kom en hoe die gewone wolf ontwikkel het oor die jare. Lizma van Zyl is die aanbieder.

Die Legendes van Afrikaanse Musiek

Musiek

Donderdae om 20:00

Begin 6 Julie

Uit die argiewe: Rina Hugo en Johan van Rensburg

Dié dokumentêre reeks, wat vanaf Julie op kykNET uitgesaai gaan word, vertel die stories van musieklegendes soos Gé Korsten, Rina Hugo, Johan van Rensburg, Boet Pretorius en Lucas Maree.

Wild en Wragtag

Jag

Maandae om 21:30 op kykNET&kie en Maandae om 22:30 op kykNET

Begin 10 Julie

Jokl le Roux en Adam Tas

In elke episode neem ons die kyker op ’n jagtog, van kleiner tot gevaarlike wild en voëljag. Ons bespreek nie net watter kaliber of boog geskik is vir ’n bepaalde spesie in spesifieke omstandighede nie, maar deel die jagter se ervaring in die natuur – om buite te wees waar jou sintuie alles om jou anders as in die stad ervaar.

Slank 2

Leefstyl

Sondae om 18:30

Begin 9 Julie

Leandie du Randt Bosch

’n Dokumentêre leefstyl-reeks, wat daarop gemik is om die deelnemers, wat reeds elke dieet en gesondheidsdrankie op die rak probeer het, te help en te motiveer om gewig te verloor. Leandie du Randt Bosch is die aanbieder.

Hou ons webblad dop vir meer inligting oor wanneer dié programme afskop.