Logo

Classics is Groot 2017 is hier!

Nuus
16 Maart 2017
Classics is Groot keer terug na Pretoria op 23 en 24 Junie 2017, met musiekoomblikke wat jou asem gaan wegslaan. Kaartjies is nóú beskikbaar!
Classics 2017 Corlea

Classics is Groot, deur die vervaardigers van die gewilde Afrikaans is Groot-konsert, is verlede jaar vir die eerste keer gehou. Vanjaar is Classics is Groot terug in Pretoria op 23 en 24 Junie 2017, met musiekoomblikke wat jou asem gaan wegslaan.

’n Uittreksel uit die musiekblyspel The Phantom of the Opera, “An American Trilogy(bekend gemaak deur Elvis Presley), die klassieke treffer “Pie Jesu” en Queen se “The show must go on” is maar net van die items wat op jou wag.

Dis ’n kleurvolle viering van musiek – van ikoniese pop-treffers tot legendariese klassieke werke.

Nóg goeie nuus is dat die geliefde engelkind Amira en die fantastiese Touch of Class weer die verhoog sal deel met ons geliefde en talentvolle Corlea Botha en Jannie Moolman vir vele hoendervleis-oomblikke wat laat glimlag, die trane laat loop en harte warm maak.




Ook op die verhoog is die Amerikaanse sanger Joseph Clark, bekend vir sy uitmuntende vertolkings van Freddie Mercury (Queen at the Opera), die gewilde Tarryn Lamb (van die sanggroep Blackbyrd) en vir die eerste keer in baie jare sal die superduo Coleske (wat in die 90’s bekend was vir wêreldtreffers soos “My Only” en “Take me where the sun is shining”) gehore vermaak.

Daar wag ook ’n eerste vir Pretoria-gehore: Die wêreldberoemde Joburg Ballet Company gaan in ’n item te sien wees – so reg in die kraal van die fynproewer.

Moenie dié geleentheid verby laat gaan nie. Classics is Groot beloof om jou op die punt van jou stoel te hou!



AMIRA / JANNIE MOOLMAN / CORLEA / TOUCH OF CLASS / COLESKE / JOSEPH CLARK / SWING CITY / MONIQUE STEYN / TARRYN LAMB / CHARL DU PLESSIS / JOBURG BALLET COMPANY

Besonderhede

– 23 en 24 Junie 2017 in Moreletapark Ouditorium
– Kaartjiepryse wissel van R350 tot R625
Kaartjies is hier beskikbaar vanaf 16 Maart 2017 om 10:00