Verken 30 jaar van demokrasie met Carte BlanchekykNET vier Vryheidsdag met die uitsending van ’n spesiale 90 minuut lange Carte Blanche-program, wat terugkyk op drie dekades van demokrasie in Suid-Afrika, op Saterdag 27 April om 20:00. Carte Blanche: Is ons demokrasie ná 30 jaar kapoet? vertel die verhaal van Suid-Afrika en haar mense vanaf die oomblik toe demokrasie begin het, verken die pad wat ons tot hier gebring het en vra hoe die ideale bestemming lyk.