Logo

Boer Soek 'n Vrou: Die tyd sal leer

Nuus
30 Oktober 2017
Ons het by Boer Soek ’n Vrou se Minki Joubert gaan inloer en gesels oor die vorige seisoen en die een wat voorlê.
Banner_Minki

Ons het by Boer Soek ’n Vrou se Minki Joubert gaan inloer en gesels oor die vorige seisoen en die een wat voorlê. 

“Wat vir my persoonlik uitgestaan het van seisoen 9 is die feit dat Hennie en Jacobu toe op die ou end liefde gevind het bymekaar. Ek dink dis die eerste keer op Boer Soek ’n Vrou wat ’n boer op ’n ander boer se meisie verlief raak. Ek is so opgewonde. Dis my eerste Boer-paartjie wat trou!” vertel Minki met ’n vonkel in die oog. 

Verder meen Minki dat sy bly is dat die boere van die vorige seisoen regtig selfontdekking gedoen het en hulself beter leer ken het. “Ons sien steeds die (vorige) reeks as ’n groot sukses. Hulle het dalk nie liefde gevind in die top-5 nie, maar ek glo hulle het buite dit liefde gevind en hulle is meer selfversekerd.”

Hoe gaan vanjaar se tien boere die liefde benader? Net die tyd sal leer. Ontmoet hulle hier. 

Ontmoet vir Boer Willie van Viljoenskroon hier.

Ontmoet vir Boer Johan van Carolina hier

Ontmoet vir Boer Ruan van Jan Kempdorp hier

Ontmoet vir Boer Braam van Oos-Londen hier

Ontmoet vir Boer Jacques van Loeriesfontein hier

Ontmoet vir Boer Eben van Dwaalboom hier

Ontmoet vir Boer Heleen van Pienaarsrivier hier

Ontmoet vir Boer Adriaan van Riversdal hier

Ontmoet vir Boer Stoffel van Rooiwal hier

Ontmoet vir Boer Carl van Carnarvon hier

Donderdag om 20:00 gaan kuier Minki by die tien boere wat aan seisoen tien van Boer Soek ’n Vrou deelneem – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op Facebook, Twitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou.