Logo

Leandie oor SKOONMA

Nuus
21 Desember 2017
Leandie du Randt Bosch, wat kykers se harte gesteel het in Binnelanders as Ivanka Gouws, sal enige skoonma beïndruk met haar unieke styl.

Foto: Verskaf deur Leandie du Randt

deur Jan-Hendrik Botha

Wees dit nou saam met haar man, Bouwer Bosch, of alleen – met haar unieke styl, natuurlike voorkoms en elegante houding is Leandie du Randt Bosch geneig om koppe te laat draai by enige geleentheid wat sy bywoon.

SKOONMA.com, wat op 30 Mei 2017 sy digitale deure oopgemaak het, is ’n projek wat baie na aan Leandie se hart is. Sy vertel: “Ek het ’n sekere styl aan my wat ek so deur die jare ontwikkel het, en het begin sukkel om die items in die winkels te kry.

“Toe plant die ontwerper Kobus Rautenbach die saadjie in my kop om my eie klerereeks te begin.”

Leandie beskryf SKOONMA.com as “ietsie tweede hands en outyds, gemeng met ’n retro style.” 

Dié aanlyn winkel is deur die hulp en ondersteuning van Bouwer se ma, Marie Bosch, op die been gebring. “Ek het geweet my skoonma kan goed klere maak, en my ma was self baie goed met klere maak,” vertel sy. “Ek het nog al haar ou patrone, masjienerie en toerusting gehad, so toe dink ek: ‘Hoekom dan nou nie probeer nie?’”

Volgens Leandie het Marie ingestem om bystand te bied, en het ingestem om saam met Leandie dié “eksperiment” te begin. In Januarie 2017 het hulle in Potchefstroom vanaf Marie se huis begin werk, en ses maande later is dit ’n geliefde handelsmerk wat op almal se lippe is.

Ons het by Leandie ingeloer om te gesels oor SKOONMA.com, háár skoonma, sowel as mode-inspirasie vir die plaas:

  1. Wat dink jou skoonma van die klerereeks?
    Sy hou darem daarvan. Sy het ook die inisiatief geneem om items wat ons nie noodwendig beplan het nie stilletjies vir my te maak en dan vir my te stuur vir my goedkeuring. Ek moet sê, sy is baie goed met dit.
     
  2. Wat het jy gedra toe jy jou skoonouers vir die eerste keer ontmoet het en pas dit nog?
    Ek was net vriende met Bouwer toe ek sy ouers ontmoet het die eerste keer, so ek was baie casual – en dit pas nog, maar ek het dit heel toevallig alweer op Skoonma verkoop onder ons Thrift-afdeling (tweede handse).
     
  3. Deel asseblief met ons drie items van jou reeks wat gepas is vir ’n familiebraai en hoekom.
    Ek verkies ’n broek vir braai’s, omdat mens lekker gemaklik moet kan sit op stoele buite.

    Die Rachel:
    Dit kan lekker met ’n mooi jean en wit sneakers gedra word. Die hemp laat jou nie lyk asof jy te formeel probeer wees nie, maar tog maak dit ’n statement

    Die Toppie en Die Stieftoppie:
    Hulle kan lekker casual gedra word en by ’n kort jean-short of lang jean, en jy kan kies of jy lus is vir swart of blou die dag.

    Die Bella: 
    Hy wys nie te veel been nie, en is lekker koel en gemaklik as dit ’n warmer dag is en as jy rokkies bo jeans en toppies verkies. Trek hom met ’n vellie of sandale aan en jy is reg vir ’n braai.

    Gallery

     
  4. Wat is die drie items in jou reeks wat gepas is vir die eerste afspraak?

    Die Marina:
    Dit kan ook met hakke of flats gedra word, afhangende van jou persoonlikheid. Dit is ’n sexier rokkie, omdat dit bietjie been wys maar tog baie vir die verbeelding los.

    Die Stiefkat:
    D
    ié rok is vir die dames wat nie te veel been wil wys nie, maar eerder rug. Dit is baie smaakvol en vroulik, en kan weereens met hakke of flats gedra word afhangende van jou persoonlikheid.

    Die Stripes of Mary: 
    Dié rokkies is baie mooi met hakke of flats of ankle-boots. Dit hang van jou persoonlikheid af en die restaurant waarna jul gaan.

    Gallery

     
  5. Watter drie items is gepas om die skoonouers mee te beïndruk?
    Die Julia:
    Dié rokkie wys nie te veel been of borste nie, en is mooi stylvol, tog gemaklik.

    Die Charlotte:
    Dié rokkie spreek klas en kan ook met plat skoene of hakke gedra word, afhangede van die plek waarna jul gaan. Dit wys ook nie been of borste nie en los iets vir die verbeelding, en is smaakvol vir by die skoonouer. Mens wil niemand laat ongemaklik voel nie.

    Die Floral:
    Dié rokkie is so mooi vrolik en vroulik, en kan ook met hakke of flats gedra word afhangende na watter restaurant julle gaan of net by die huis gaan bly. Dit is smaakvol en wys glad nie te veel vir by die skoonouers nie.

    Gallery

     
  6. Wat is vir jou tans die mode-moets en –moenies?
    Die eerste een is nie te donker en te veel grimering nie – dit is deesdae mode om net glowing skin, maskara en ’n mooi bright lip aan te hê. Less is more – nie te veel juwele saam met bond klere nie. Kies een.

    Wat nou baie in die mode is, is die plat skoen genaamd die Mule – dit is baie stylvol en pas by enige rok, broek of pakkie. 

    Die frill Victorian-style is nou weer terug (dus al ons valletjies in ons laaste reeks), so jy kan lekker met hemde en rokkies wat valle en valletjies het speel.

    Tossel-oorbelle is baie in nou – maar pasop dat jy nie soos ’n kersboom lyk met baie ander kleure en juwele saam nie.

    Mooi brille is ook hoog mode nou – met ’n plein wit raam amper soos dié (blaai deur die galery hier onder):

    Gallery

     
  7. Wat moet mens vermy in terme van mode op die plaas?
    Ek sal sê op die plaas moet mens maar weg beweeg van haakskoene en kort rokkies. Dit gaan baie ongemaklik wees as jy in die stof en gras moet loop en buk en beweeg.
     
  8. Watter lipstiffie en naelhaak is gepas vir die skoonouers sowel as Kersfees?
    Hang af van die kleur van jou uitrusting. Dit lyk altyd mooi om dieselfde kleur op jou naels te hê as op jou lippe, soos rooi lippe en naels – en dit pas by Kersfees. Maar dan moet jy fyn en min juwele dra, en nie te veel eye shadow nie. Ook meer neutrale kleure, sodat jy nie soos ’n kersboom lyk nie. 

    ’n Mooi sagte neutrale kleur is ook maar altyd ’n veilige keuse as jy nie van bright kleure hou nie, soos pastelblou, pienk, peach of dan ’n stone color.
     
  9. Watter parfuum is gepas vir die skoonouers sowel as Kersfees?
    Dolce & Gabana, The One. Jy trou immers met the one (ek hoop).
     
  10. Wat gaan jy dié Kersfees dra?
    Ek sou Die Julia van SKOONMA.com gedra het, maar dink my kersfees vibe gaan iets soos die wees die jaar.

 

Besoek gerus SKOONMA.com om jou bestelling te plaas. Let wel dat dié aanlyn-winkel toe is gedurende die feesseisoen, en jy weer vanaf 8 Januarie 2018 jou bestelling kan plaas. Alle items hier bo is nie noodwending beskikbaar nie, sienende dat SKOONMA.com elke tweede week nuwe eksklusiewe items bekendstel wat vir drie tot vier weke beskikbaar is weens die skaal waarop dit vervaardig word – maak jou bestelling dus vroegtydig.

Donderdag om 20:00 ontmoet die oorblywende twee vroue die boere se vriende en familie – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou