Logo

ATKV-Mediaveertjies: Emo en ander word ver(v)eer

Nuus
11 Mei 2015
Die ATKV-Mediaveertjies is Vrydag in Midrand toegeken. Hier is al die wenners in die kykNET-stal.
Denver

Die ATKV-Mediaveertjies is Vrydag in Midrand toegeken. Hier is al die wenners in die kykNET-stal:

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama:

Louis Pretorius en Johan van Jaarsveld – Vallei van Sluiers

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama:

Janhendrik Burger – Die lang kat

Beste dramareeks of enkeldrama:

Johan van Jaarsveld – Vallei van Sluiers

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama:

Stian Bam – Vallei van Sluiers

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram:

Denver Vraagom – Kollig

Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram:

Wim Steyn – Dagbreek: PJ Kotze

Beste gesels- of joernaalprogram:

André Calitz en Ronel Moodie – Reis na Gister: Koos Kombuis

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram:

Waldimar Pelser – Insig

Beste nuus- of aktualiteitsprogram:

Jaco Loubser – Groen Reis

Beste insetsel in ’n nuusbulletin:

Daniëlla van Heerden – eNuus: Woema in die woestyn en Vrygebore en vrydenkend

Beste dokumentêre program of programreeks:

Marike Bekker – Ruk & Riel

Beste vermaaklikheidsprogram:

Jaco Loubser – Jou show met Emo

Beste werklikheidsreeks:

Jaco Loubser – Kokkedoor 2

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheids-, leefstylprogram of werklikheidsreeks:

Emo Adams – Jou show met Emo


Emo Adams saam met oorhandiger, Ivor Price.


Denver Vraagom saam met oorhandigers, Tracey Lange en Ivor Price.


André Calitz en Ronel Moodie saam met Tracey Lange.