Logo

kykNET Ghoema Musiektoekennings 2018

Nuus
14 Maart 2018
Die benoemings vir die kykNET Ghoema Musiektoekennings is pas bekend!
kykNET Ghoemas

Die kykNET Ghoema Musiektoekennings bring elke jaar die grootste rolspelers in die musiekbedryf bymekaar om vrystellings tydens die 2017 kalenderjaar te bekroon.

Het jy al vir jou gunsteling kunstenaar, groep of duo gestem?

In 2018 vier die kykNET Ghoemas sy sewende bestaansjaar en bly dit steeds een van die mees gesogte toekennings vir enige kunstenaar in die Afrikaanse musiekbedryf om te wen. Oor die afgelope 6 jaar het die Ghoemas ’n reuse impak op die loopbaan van alle kunstenaars wat dit gewen het gehad en ons vereer op 29 April weer die beste 2017 vrystellings van alle Afrikaanse musiek.    

Dié gala-geleentheid vind hierdie jaar by Emperors Palace se Theatre of Marcellus in Johannesburg plaas en word vir die tweede jaar regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Die sanger Willem Botha sal aan die stuur van sake as seremoniemeester optree en word bygestaan deur onder andere Lynelle Kenned, Ivan Botha, Donnalee Roberts, Jenna-Leigh Bilong en Hannes Muller as mede-aanbieders. 

Dié spesiale uitsending sluit ook optredes deur ’n paar van die grootste name in die musiekbedryf in. Elkeen van die sewe optredes sal ’n unieke aanslag hê, van stop motion-fotografie tot interaktiewe choreografie en met die reusagtige digitale skerms wat alles deel van die visuele ontwerp van die aand vorm. Om nie eers te praat van hip-hop en kontemporêre dansers wat monde gaan laat oophang nie. En om die aand mee af te sluit, ’n musiekblyspel-verrassing so kleurvol en vermaaklik soos die sanger wat dit gaan opvoer.

Daar was hierdie jaar 464 individuele inskrywings in die 23 unieke inskryf-kategorieë deur 85 kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers, insluitend ’n rekord aantal inskrywings vir die Hip-Hop-kategorie.  

Soos die Hoof Uitvoerende Beampte Heidi Edeling verduidelik: “Die kykNET Ghoemas het nog elke jaar gegroei en 2018 is geen uitsondering nie. Ek is baie opgewonde oor die groot aantal nuwelinge en glo dit is ’n aanduiding dat Afrikaanse musiek lewendig en gesond is. Kykers sal nie spyt wees oor beide die funksie en die optredes nie – hoe dan anders as die beste van die bestes opdaag om hul prestasie te vier”. 

Die publiek kan ook stem! Wié is jou gunsteling genomineerde hierdie jaar? Die publiek kan vanaf Woensdag 14 Maart tot 13 April 2018 stem in drie kategorieë:

  • Publiek se Gunsteling Manlike Kunstenaar.
  • Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar.
  • Publiek se Gunsteling Duo of Groep. 

Besoek gerus die Ghoema-webwerf vir alle kodes en die SMS-nommer om vir jou gunsteling te stem. SMS’e kos R2. Bepalings en voorwaardes geld.

kykNET Ghoema Musiektoekennings
29 April 2018
20:00
Theatre of Marcellus te Emperors Palace
Regstreekse uitsending: kykNET DStv-kanaal 144

Bly op hoogte:  
kykNET 
#GaanVirGoud!

Die benoemings is as volg:

ALBUM VAN DIE JAAR: 
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig 

MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR: 
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig 

VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR: 
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig 

GROEP VAN DIE JAAR:
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig 

NUWELING VAN DIE JAAR:
Caroline Grace – Eindelose Liefde
Elandré – Kleindorp-dromer
Fatman – Boom Baby
Jo Black – Skepe
Tussen Sterre – Kosmies

DIGITALE ALBUM VAN DIE JAAR:
Geen benoemings – slegs ’n aanwysing op die toekenningsaand 

DIGITALE LIEDJIE VAN DIE JAAR 
Geen benoemings – slegs ’n aanwysing op die toekenningsaand 

LUITOON VAN DIE JAAR:
Geen benoemings – slegs ’n aanwysing op die toekenningsaand 

GEWILDSTE LIEDJIE VAN DIE JAAR:
Geen benoemings – slegs ’n aanwysing op die toekenningsaand 

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR:
Elvis Blue – “Die Brug” (Skrywer: Elvis Blue)
Elvis Blue – “Elke Hart” (Skrywer: Elvis Blue)
Elvis Blue – “Werner” (Skrywer: Elvis Blue)
Dewald Wasserfall – “Laat die lig inkom” (Skrywer: Dewald Wasserfall)
Steve Hofmeyr en Riana Nel – “Skree” (Skrywers: Riana Nel/Elvis Blue)
Touch of Class – “Val op jou knieë” (Skrywer: Riana Nel)

BESTE AFRIKAANSE HIP HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR:
Chase Lutron – “Afrikaansebet” (Skrywer: Chase Lutron)
Early B ft. DJ Azhul – “Lyn Kyk” (Skrywer: Earl Swartz [Early B])
Hakkiesdraad Hartman – “Surge et Insta” (Skrywer: Jason Hartman)
Hemelbesem – “Is Dope” (Skrywer: S. Witbooi/S. Claassen)
Yoma – “Wille Kat” (Skrywer: C. Witbooi)

BESTE POP‐ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR:
Brendan Peyper – Hy loop oop 
Jay – So lank sal ek jou liefhê
Kurt Darren – Laat die dansvloer brand
Ray Dylan – Uitbasuin
Willem Botha – Soen & Vergeet

BESTE POP‐ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR:
Eva Morgan – Ek is
Heidi – Wat ’n hart laat lag
Irene Louise van Wyk – Sjampanje
Karlien van Jaarsveld – Sing vir Liefde
Sharoney – Skyn

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR:
Elvis Blue – Die Brug
Jak de Priester – 15 Jaar
Jo Black – Skepe
Refentse – Deur my venster
Steve Hofmeyr – Skree

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR:
Caroline Grace – Eindelose liefde
Liezel Pieters – Sing my hart uit
Lizandra Winter – Lizandra Winter
Monique Steyn – Mosaïek

BESTE ALBUM DEUR N DUO OF GROEP: 
Anders – Bruid
CH2 – Insomnia
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Kaleidoskoop – Gunsteling seisoen
Saarkie – Queen van die toorbos

BESTE GEESTELIKE ALBUM:
Anders – Bruid
Juanita du Plessis – Koningskind
Kevin Leo – XXI
Manne wat Glo – Manne wat Glo 3
Retief Burger – Alles

BESTE KINDER‐ALBUM OF -DVD:
Doddi Sing – Kleure van die vlag
Klikkerland – Klikkerland DVD Vol 4
Klikkerland – Die liedjies wat ons sing (CD)
Onbeskaamd – Nie van hier af nie
Piet Smit – Liedjies en rympies

BESTE ALTERNATIEWE ALBUM:
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Francois van Coke – Hierdie is die lewe
Gian Groen – #AlsIsNetLekker
Herman Kleinhans – Kamer 4
Spoegwolf – Die Donker Toring

BESTE ROCK-ALBUM:
Linda Kilian – My Hart
Saarkie – Queen van die toorbos
Tussen Sterre – Kosmies
Willim Welsyn – Blitzkriek

BESTE BOERE- OF TRADISIONELE MUSIEK-ALBUM:
Hannes Schoeman en Nico Bom – Koffietyd
Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels – Kalahari Skoffeltyd
Kannie Warries Dansorkes – Witwarm Kitaar Klanke
Kosie Beukes – Konsertina Kaskenades
Ricus Nel – Bring Hulde aan Worsie Visser

BESTE INSTRUMENTALE ALBUM:
CH2 – Insomnia
Deca – Black Sails
Ockie Vermeulen – Organic
Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns 2

BESTE LIGTE KLASSIEKE AFRIKAANSE ALBUM:
Bekoor – Kersfees
Michael Tushki – My Lewe
Ons Lieflinge – Miljoene Stemme

BESTE COUNTRY‐ALBUM:
Corné – Ritme van my hart
Elandré – Kleindorp-dromer
Nico Booijse – Moet my nooit laat gaan nie
Skarlaken – Skarlaken

BESTE TITEL VAN MUSIEKVIDEO:
Appel: Musiekvideo-trilogie – “Lei my na die water/Kom en lê my neer/Vroumens” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Jay – “So lank sal ek jou liefhê” (Regie: Christian Wolf/JC Snooke/Jennis Williamson/Johan C. Venter – Brickwolf Creatives/Life in a Bulb/Coleske Artists)
Jo Black – “Bring die hoop weer terug” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Juanita du Plessis – “Koningskind” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Robbie Wessels – “Mphe die Hoenor” (Regie: Clinton Lubbe Productions)

BESTE LIEDJIESKRYWER – SOLO:
Anton Goosen
Chris Chameleon
Elandré
Elvis Blue
Steve Hofmeyr

BESTE LIEDJIESKRYWER – SAMEWERKINGSGROEP:
Adéle Fouché & Mjön van Blommenstein
Brendan Peyper & Niel Schoombee
Koos van der Merwe & Matthys Maree
Kurt Darren/Niel Schoombee/Don Kelly
Pierre Greeff/Hunter Kennedy/Fred den Hartog
Roux Cloete & Niel Schoombee

BESTE VERVAARDIGER – SOLO:
Danny Smoke
Fred den Hartog
Gideon Botes
Johan Oberholzer
Theo Crouse

BESTE VERVAARDIGER: SAMEWERKINGSGROEP:
Chris von Wielligh & Jürgen von Wechmar
Elvis Blue & Ewald Jansen van Rensburg
Fred den Hartog & Johnny de Ridder
Leon Gropp/Sean Manley/Christiaan Kritzinger
Theo Crouse & Karen Zoid

ERE-TOEKENNING – LEWENSBYDRAE:
Die toekenning word eers op die aan van die toekenningsfunksie openbaar 

ERE-TOEKENNING – BESTE VERKOPER:
Geen benoeming – slegs ’n aanwysing op die toekenningsaand 

ERE-TOEKENNING: GHOEMA DIAMANT:
Die toekenning word eers op die aand van die toekenningsfunksie openbaar

PUBLIEK SE GUNSTELING MANLIKE KUNSTENAAR:
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig – ​Blaai gerus deur die galery hier onder:

Gallery

PUBLIEK SE GUNSTELING VROULIKE KUNSTENAAR:
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig – ​Blaai gerus deur die galery hier onder:

Gallery

PUBLIEK SE GUNSTELING DUO OF GROEP:
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig – ​Blaai gerus deur die galery hier onder:

Gallery

*Inligting onderworpe aan verandering

Gebruik die hutsmerk oFacebookTwitter en Instagram en gesels saam. Bly ook hier op hoogte.