Logo

Die Ware Naarheid: Wees deel van die gehoor

Nuus
05 April 2018
Hier is hoe jy kan deel wees van die ateljeegehoor.
Die Ware Naarheid

Elke Maandagaand vanaf 9 April 2018 word Schalk Bezuidenhout se splinternuwe satiriese nuusprogram, Die Ware Naarheid, verfilm. Kom wees deel van die ateljeegehoor en sien hoe die nuus régtig gelees moet word.

Stuur gerus ’n e-pos aan [email protected] om jou plek te bespreek.

Verfilming vind plaas in Randburg.

Kyk die video hier onder:

Die Ware Naarheid is elke Maandag om 20:00 vanaf 9 April op die kassie.

TYDGLEUFVERANDERING: Nou elke Maandag om 20:30.