Logo

Dié vermaak kom na die kassie in April

Nuus
06 Maart 2017
Vyf nuwe reekse, van ’n werklikheidsreeks vir kinderkokke tot ’n dramareeks oor drie gesinne wie se donker geheime een-een ontrafel, begin in April 2017 op kykNET.
Tyd met Aleit Hoogtepunt

June van Merch vertolk die rol van Sara Abrahams in Sara se Geheim


Vyf nuwe reekse, van ’n werklikheidsreeks vir kinderkokke tot ’n dramareeks oor drie gesinne wie se donker geheime een-een ontrafel, begin in April 2017 op kykNET.

Boonop kan kykers uitsien na die 2016-Silwerskermfees-kortflieks asook ’n nuwe seisoen van Glam Guru, wat met ’n blinknuwe ateljee spog!

Jukebox


Musiek
Saterdae om 19:30
Begin 1 April 2017



Jukebox is ’n program wat regstreeks uitgesaai word en waar kykers die geleentheid kry om versoeke te stuur om musiekvideo’s wat hulle graag op die kassie wil sien te speel. Aanbieder Pieter Koen verwelkom ook elke week ’n paar gaste in die ateljee, wat wissel van SA se bekendste Afrikaanse kunstenaars tot jong sangtalent wat binnekort die musiekbedryf gaan oorweldig.

Safari 4x4 Roetes


Leefstyl
Maandae om 17:30
Begin 3 April 2017



Baie mooi plekke is binne ons bereik, en jy het nie ’n paspoort nodig om dit te sien nie. Gedurende die afgelope nege seisoene van Safari 4×4 Roetes het aanbieder André de Villiers, 4×4-spesialis, moeilike 4×4-roetes saam met Petri de Wet, aanbieder van die kykNET-hengelprogram Hier gaan ons alweer, aangedurf.

La’t Wiel


Leefstyl
Dinsdae om 17:30
Begin 4 April 2017



Waldo van der Waal en Hannes Visser is aan die stuur van dié motorprogram.

Tyd met Aleit


Leefstyl
Woensdae om 17:30
Begin 5 April 2017



Die toonaangewende trou- en funksiebeplanner Aleit Swanepoel, stigter en voorsitter van The Aleit Group, loer elke week in by ’n Suid-Afrikaanse bekende om bietjie op te vang. Daar word natuurlik ’n mooi tafel gedek en lekkernye voorgelê vir ’n behoorlike kuier.

Kokkedoortjie


Werklikheidsreeks
Woensdae om 20:00
Begin 5 April 2017



Jong kos-entoesiaste en -foendi’s in die land, skuif nader: dis tyd vir Kokkedoortjie – kykNET se nuwe werklikheidsreeks vir kinders tussen die ouderdomme van 9 en 13 jaar. Aan die stuur staan die geliefde Koekedoor-beoordelaar Mari-Louis Guy en die Kokkedoor-staatmakersjef Nic van Wyk.

Kampkos


Leefstyl
Donderdae om 17:30
Begin 6 April 2017



Kampkos, ’n uitbreiding van kykNET se leefstyl- en kampeerprogram SleepTV, keer terug vir ’n derde seisoen. John-Henry en Beáte Opperman is weer die aanbieders, en kykers kan uitsien na hope kuiers om die braaivleisvuur.

Met ’n huppel in die stap


Leefstyl
Sondae om 17:30
Begin 7 April 2017



Met ’n huppel in die stap, aangebied deur Riaan Cruywagen, kyk hoe die lewe na 50 nuwe betekenis kry.

Kunsvlyt


Leefstyl/werklikheidsreeks
Vrydae om 18:00
Begin 7 April 2017



Dié werklikheidsreeks bestaan uit 10 deelnemers wat hul kreatiwiteit moet inspan om dit uit te spook met verf, kwasse, klei, mosaïek, papier en enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink!

Glam Guru


Leefstyl
Sondae om 18:30
Begin 9 April 2017



Hannon wys hoe maklik dit is om met min moeite baie beter te lyk. ’n Nuwe seisoen met ’n nuwe ateljee! Mense van oud tot jonk. Ons leer saam dat die lewe mooier kan voel as ons mooier lyk.

Phil 101


Komedie
Maandae om 20:30
Begin 10 April 2017



PHIL 101 is ’n vars nuwe komedie wat die doen en late van ’n eens glorieryke filosofie-departement by die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika (SUSA) van nader af bekyk. Ons volg die storie van Phillip Coetzee, ’n idealistiese, maar sosiaal onaangepaste jong professor wat aan die diepkant ingegooi word wanneer hy as die hoof van die departement filosofie aangestel word.

Leef jou Reis


Leefstyl
Maandae om 21:00
Begin 10 April 2017



Die program is al bekend daarvoor dat hulle soms die ongewone doen en behoorlik onder ’n land en sy mense se kultuur inklim en gereeld die afdraai-paaie vat, veral as dit met die 4x4 iewers in Afrika is. Vanjaar wag daar weereens ’n klomp opwinding, van Thailand se reënwoude en die Amasone tot die mees afgeleë eiland ter wêreld, op jou!

Sara se Geheim


Drama
Dinsdae om 20:00
Begin 11 April 2017



Die Cloetes, Kiewietse en Vermeulens word verbind deur een persoon, Sara Abrahams. Sy is die stammoeder en sy dra swaar aan ’n diep, donker geheim wat sy 35 jaar gelede uit nood moes vertel om haar oudste seun se lewe te red.

Silwerskermfees-kortflieks


Verskeidenheid
Dinsdae om 21:00
Begin 11 April 2017



Die kykNET Silwerskermfees beoog om die Suid-Afrikaanse filmbedryf die platform te gee wat dit toekom.

Die Taliep Petersen Huldeblyk


Musiek/Vermaak
16 April 2017 om 20:00




Ons vereer die legende Taliep Petersen met optredes deur onder andere David Kramer, Vicky Sampson en die SA Jeugkoor. Shaleen Surtie-Richards lei die aand en Emo Adams is vervaardiger. #TaliepTribute

Ghoemas 2017


Toekenningsaand
23 April 2017 om 20:00, regstreeks




Op Sondag 23 April sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by Emperors Palace byeenkom om te hoor wie as vanjaar se wenners vir die gesogte Ghoema-musiekpryse aangewys word. Die Ghoemas is die enigste onafanklike musiektoekennings vir Afrikaanse musiek.