27 suidooster liefdesbal

Suidooster by die Kuier-liefdesbal

Kom vier die liefde op 11 Februarie by Kuier-tydskrif se eerste Liefdesbal, in samewerking met kykNET!

16 Januarie 14:16

Kom vier die liefde op 11 Februarie by Kuier-tydskrif se eerste Liefdesbal, in samewerking met kykNET!

Romanse is in die lug en ons gaan dit vlerke gee. Bring vir manlief saam vir pret, musiek en sommer baie plesier.

Kaartjies kos slegs R250 en sluit ontvangsdrankies, vingerhappies en nog vele verrassings in! Salome Damons, Manila Von Teez, Five Star Dance Band asook Winston Siljeur Project belowe om ons te betower en heel aand te laat dans.

Die manne van Suidooster sal ook daar wees en een gelukkige vrou staan ’n kans om ’n dans met Irshaad Ally (Rhafiek Samsodien) te wen!

34 liefdesbal


Datum: 11 Februarie 2017
Waar: Stellenbosch Stadsaal, Pleinstraat, Stellenbosch
Tyd: 18:00
Dragkode: Tradisionele wit en rooi of smart casual. Jy en jou maat kan ook bypassende uitrustings aantrek.
Kaartjies beskikbaar by Computicket-takke.

Nog Nuus

28 boekklub cast 2016 003 pre news

Die Boekklub nooi jou na Merweville

28 April 10:26

28 ons sprokiesbruilof news

Ons Sprokiesbruilof: ’n Troue by die see, kom wind of weer

27 April 21:30

28 simone nortman kampkos 003 pre news

Gebraaide toffie-en-piesang-poeding

27 April 18:00

28 mila guy kampkos 003 pre news

Biltong-molshopies

27 April 18:00