Logo

Kry dié Silwerskermfees-kortfilms eerste op ShowMax

Nuus
05 Desember 2016
Veertien Silwerskermfees-kortfilms is binnekort eksklusief op ShowMax beskikbaar – lees meer hier.
ShowMax SSF Arts

Elke jaar gee kykNET se Silwerskermfees Suid-Afrika se top-filmmakers, -vervaardigers en -akteurs in die plaaslike bedryf die geleentheid om hul jongste produksies ten toon te stel.

Vanjaar gaan 14 kortfilms van 2016 eksklusief op ShowMax beskikbaar wees!

1. Koue voete

Moenie ’n misdadiger aan sy skoene takseer nie.

2. Die Bok



’n Verbitterde swanger vrou veg om haar roostuin te beskerm teen ’n bok terwyl haar huwelik verbrokkel.

3. Onthou



Wanneer ’n jong, sorgelose hippie aansoek doen as verpleër by ’n streng, vol nonsens bejaarde dame, is daar reeds spanning vanaf die eerste woordewisseling. Tog ontwikkel hulle ’n dieper vriendskapsverhouding en leer mekaar hoe om die ander onvoorwaardelik te aanvaar. Ouderdom is net ’n getal, maar hartsvriende bly deel van jou bestaan.

4. Arts



Estelle red beseerde diere, maar haar verhouding met die plaaslike veearts neem ’n donker draai wanneer haar ma begin inmeng.

5. Merk. Sny. Stoor.



Wanneer ’n psigologiese versteurde man se traumatiese verlede sy hede beïnvloed word ’n vreemdeling die slagoffer van sy eie trauma.

6. En die wiele van die bus gaan om en om



Slapgat-busbestuurder Freddie Venter vervoer tien pasiënte van een psigiatriese inrigting na ’n ander… en dan verloor hy sy vrag.

7. Kolskoot



Fanus Niemand is toe iemand…

8. Spoor(loos)



As ons maar net kon verdwyn.

9. Oom



Na Oom Johan Booysens ’n jong man langs die pad optel, besef hy hoe gevaarlik die pad kan wees as mens nie jou geselskap ken nie.

10. Hum



Thomas hoor die verlammende gedreun vir so lank al dat hy skaars kan onthou wanneer dinge vir hom begin skeef loop het.

11. Die Muse



’n Naïewe jong verpleegster word as oppasser aangestel om na ’n briljante, maar moeilike skrywer met Aspergersindroom om te sien. Maar, as ’n skrywer sukkel om leuens te vertel, hoe is hy veronderstel om stories op te maak?

12. Plankekoors



Daar’s ’n fyn lyn tussen opwinding en vrees. Dis net woorde. Jy’t ’n keuse. Veg of Vlug?

13. Die Biker



’n Motorfietsryer kies die oop pad as ontvlugting. Het hy die regte afdraaipad gekies?

14. Beloofde Land



Lodewyk Mouton is die naïewe heerser van die diktatorskap, Anskroepolis. Wanneer ’n groep sosialistiese rebelle by sy herehuis opdaag en dreig om hom te onttroon, word Lood gekonfronteer met die realiteit van sy borrel-bestaan en die ellende van sy volk.

Gaan na ShowMax.com en teken aan vir jou gratis 14-dae proeflopie!