Logo
Hotel

Op pad plaas toe met Simoné Nortmann

Nuus
23 Desember 2017
Ons gaan plaas toe saam met Simoné Nortmann

Foto deur LORA photography

Die pragtige Simoné Nortmann het geen bekendstelling nodig nie. Natuurlik is sy ’n kyker-gunsteling en silwerdoek-liefling, met haar rol in onder meer die skreeusnaakse kykNET-mokumentêr Hotel, sowel as die Huisgenoot-eeufeesfilm Vir die Voëls. En hoe kan ons haar mees onlangse rol in die Silwerskermfees-vollengte filmVuil Wasgoed vergeet? 

Maar hoe sou dieé blonde ambisie aard op die plaas? Ons het gaan uitvind. 

  1. Wat is die vrou se rol op die plaas?
    Ek dink tye het verander en dat ’n vrou op meer as een manier hand kan bysit. ’n Vrou is die hart van die huis en kan natuurlik instaan as tuisteskepper. Ek weet baie vroue help hul boere met die finansies, bemarking van die plaas, of omskep die plaas in ’n trou-venue.
     
  2. Wat is die moets en moenies op’n vrou wat vir die eerste keer op die plaas gaan kuier?
    Daar is niks meer onvleiend as ’n vrou wat desperaat of jaloers oorkom nie. Ek dink dis so belangrik om met die intrapslag jouself te wees en so gemaklik as moontlik met mense om te gaan. 
     
  3. Met wat sou Boer Simoné boer en hoekom?
    Boer Simoné sou ’n wynboer wees. Ek dink dis al waarvoor ek soveel geduld en uithouvermoë sou kon hê. 
     
  4. Hoe dink jy maak ’n mens dit opwindend op die plaas? Veral in die aande?
    Romantiese pieknieks, kerslig etes en Netflix van my wifi-dongle af!
     
  5. Veronderstel jouself jy vry agter ’n boer aan, wat gaan die boer eerste kry indien jy op die plaas sou opdaag – ’n soen of drukkie?
    ’n Drukkie. Always leave them wanting more. 
     
  6. En die skoonouers: ’n soen of drukkie?
    Soen op die wang en ’n drukkie.
     
  7. Dié week moet die boer die eerste dame huis toe stuur. Wat is jou raad aan die oorblywende twee dames?
    Weereens, hou aan om jouself te wees. Gee vir jou kompetisie laxatives voor haar laaste date met die boer. Trek soos ’n trouvrou aan as jy die ouers ontmoet.

Pak vir die plaaslewe

  1. Jy is op pad plaas toe. Verduidelik vir ons wat is in jou tas en presies hoekom
    Ek begin met warm klere en skoene, want ek kry baie vinnig koud. Maar ook ’n swembroek indien ’n impromptu plaasdam-swem opduik. ’n Goeie boek. Insekreukweerder. ’n Flits. Gumboots. Wifi-dongle
     
  2. Haardroeër of haarstryker?
    Haarstryker. ’n Haardroeër vat te veel krag. Laat jou hare natuurlik droog word en stryk later die frizz uit. 
     
  3. Mitchem of Veet?
    Mitchum. Lekker ruik is belangriker as gladde bene.
     
  4. Shampoo of gesigroom?
    Shampoo. Vuil hare is ’n groot nee.
     
  5. Boots of vellies?
    Vellies.
     
  6. Mascara of lipstiffie?
    Mascara.
     
  7. Sonbril of sonskerm?
    Sonbril.
     
  8. Selfoon of boek?
    Boek.
     
  9. ’n Sagte kussing of ’n tandeborsel
    Definitief ’n tandeborsel. Veral as jy ’n boer wil beïndruk.
     
  10. Wyn of bier?
    Wyn.
     
  11. Boardspeletjies of gesels?
    Gesels.
     
  12. Tjoppies of wors?
    Tjoppies.
     
  13. Slaai of braaibroodjies?
    Braaibroodjies.

Simoné is elke Maandagaand om 20:30 te sien in Hotel op kykNET, DStv-kanaal 144. Dié week in Boer Soek ’n Vrou het die oorblywende twee vroue die boere se vriende en familie ontmoet. Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou