Logo

Minki Joubert: ‘Dis nou maak of breek’

Nuus
09 November 2017
Hoe berei jy voor vir die Boer Soek ’n Vrou-blitsafsprake? Ons vind uit by aanbieder Minki Joubert.
BoerSoeknVrou

Die top-5 boere van seisoen tien is uiteindelik bekend, en in die volgende episode kom ons boere in Saldanha bymekaar vir die langverwagte blitsafsprake. Tydens dié afsprake word elke boer toegelaat om saam met tien dames vyf minute elk te spandeer. Maar hoe maak jy ’n impak in so ’n kort tydperk? 

Volgens Minki kan dié vyf minute jou lewe verander. “As ek vandag een van die dames was by die blitsafsprake, sou ek seker gemaak het ek lyk ongelooflik,” sê sy. “Hierdie is die belangrikste afspraak van jou lewe.

KYK OOK: DIE BOERE PRAAT OOR DIE BRIEWE

“Jy weet nou jy hou van daardie een boer,” verduidelik sy. “Nóú moet jy uitstaan tussen tien meisies om sy aandag te trek.”

Minki is oortuig daarvan dat eerste indrukke tel. “Jy kan sê wat jy wil, maar die eerste keer wat jy daardie persoon sien is wat jy gaan onthou. Doen dus moeite.”

Haar raad aan die dames wat gekies word om op die blitsafsprake te gaan, is om nie net eerlik en opreg te wees nie, maar ook uniek. “Móénie te veel grimering aansit nie,” waarsku sy. “En maak seker jy het die aand voor die tyd genoeg geslaap – probeer rustig wees.”

Sy meen ook dat die dames voorbereid by die afsprake moet opdaag. “Jy sal mooi moet dink wat jy vir hom wil vra,” sê sy. “Jy het nét vyf minute, so jy gaan dan alles moet gooi, en alles wat jy wil weet moet uitvind.”

KYK OOK: MINKI PRAAT OOR DIE BRIEWE

Sy glimlag, en neem ’n slukkie van haar tee terwyl die seemeeue om haar skree. “Ek sal nie sê wees iemand anders nie, maar jy moet tog dinge wat vir jóú belangrik is onmiddellik sê. Doen iets wat sal verseker dat die boer jou sal onthou – jy moet uitstaan. Daai iets wat almak uniek maak? Almal het dit…

“Maar die belangrikste is om elke oomblik te geniet, want dit is werklik ’n once in a lifetime opportunity.”

Ons het die top-5 boere van nader leer ken – kyk die video hier onder:

LEES OOK – VYF MINUTE SAAM MET MINKI JOUBERT

Skakel Donderdae om 20:00 in vir Boer Soek 'n Vrou – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoeren #BoerSoeknVrou.