Logo

Met liefde, Leah – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
10 Januarie 2020
Soos hulle sê: All good things must come to an end. Die tyd het gekom om die lieflike Boer soek ’n vrou aanbieder, Leah, te groet.
<p>LEAH</p>

Om by tradisie te hou het die tyd gekom om vir Leah te groet en nou is dit tyd om plek in ons harte te maak vir ’n nuwe aanbieder. Maar voor sy finaal groet, het Leah eksklusief met die kykNET-digitaal span gesels.

Het dié reeks jou enigsins as ’n mens verander?

“Ja, dit was baie emosioneel maar dít het my sterker gemaak.” Ek het ook geleer dat ons almal verskil en ek moes aanpas om seker te maak dat ek met enige mens lekker gemaklik kon kuier en gesels.

 

Wat was vir jou moeilik?

“Ek was soms vir baie lang tye van die huis weg. Dit was nie maklik omdat ek na my man verlang het nie, maar dit het ook ons verhouding sterker gemaak.”

KLIEK HIER VIR MEER EMOSIONELE GESPREKKE MET LEAH. 

Het jy raad vir die nuwe aanbieder?

  1. As julle in die winter weggaan – Pak baie thermals in!
  2. Maak jouself emosioneel reg.
  3. Bly jouself.
  4. Staan sterk.
  5. Ondersteun die boere en pasmaats.

 

Wat gaan jy die meeste mis van die reeks?

“Die mense agter en voor die skerms. Ek het die mees ‘sout van die aarde’ mense ontmoet! Hulle was almal so awesome – ek weet dat ek met hulle ’n pad gaan stap vir die res van my lewe.

 

Al sê ons vir nou “totsiens” weet ons dat ons nog baie gaan kuier saam met Leah – by kykNET is sy familie! Stuur jou afskeidsbrief aan Leah deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Instagram en Twitter te gebruik.