Logo

Maak die beste van jou DStv-ervaring

Nuus
16 Julie 2018
Hier is ’n paar vrae wat intekenare gereeld vra.
DStv_artikel

Foto: Getty Images

Jy het DStv en jou TV is tien teen een meeste van die tyd net op een van die kykNET-kanale. Maar het jy geweet wat nog tot jou beskikking is? Hiermee ’n paar vrae wat intekenare gereeld vra.

Wat is DStv Now?
DStv Now is ’n gratis app vir DStv-kliënte. Dit is die tuiste van DStv wat jy enige tyd, enige plek of enige van jou toestelle kan kyk. Dit sluit in lewendige TV-uitsendings en programme op Catch Up. Jy het daar ook toegang tot die TV-gids en jy kan jou rekening aanpas en bestuur indien nodig. DStv Now is beskikbaar op jou rekenaar, tablet of slimfoon. Om Live TV en DStv Catch Up te kyk, moet jy egter ’n DStv Premium-, DStv Compact Plus- of DStv Compact-intekenaar wees.

Wie het toegang tot DStv Now?
DStv Now is gratis om af te laai. Jy het wel ’n aansluit-ID nodig om toegang tot DStv te kry en die inhoud wat jy kan kyk, hang af van die pakket waarop jy ingeteken is.

Hoeveel kos DStv Now?
Inhoud op Live TV en DStv Catch Up gebruik data op jou toestelle en daar mag dalk bykomende kostes van jou netwerkverskaffer wees. Ons beveel aan dat jy DStv Now gebruik wanneer jy toegang tot onbeperkte internettoegang (uncapped) het. Maak ook seker wat die fooi van jou internetverskaffer is vir wanneer jy vir data moet betaal. Live TV en DStv Catch Up is net beskikbaar vir DStv Premium-, DStv Compact Plus- of DStv Compact-intekenare.

Hoeveel toestelle kan ek op my DStv-rekening registreer?
DStv Premium-, DStv Compact Plus- of DStv Compact-intekenare kan ’n maksimum van twee kykstrome word gelyktydig toegelaat. Dit beteken jy kan OF twee-twee TV-kanale kyk OF twee Catch Up-videos kyk OF een lewendige TV-kanaal en een Catch Up-video kyk.

Hoe gemaak wanneer ek met vakansie is?
Jy kan hier inskakel en stel jou toestelle by jou vakansiebestemming instel, asook jou vakansie-kykgenot op jou eie tyd bestuur. Indien jy nie toegang tot die internet het nie, kontak ons en ons help graag.

Kies ’n pakket vir jou
DStv Premium, teen ’n koste van R809 per maand, gee jou toegang tot al die DStv-kanale wat die drie kykNET-kanale – kykNET, kykNET&kie en kykNET NOU! insluit. Wanneer jy ’n DStv Premium-intekenaar is, kry jy ook gratis toegang tot Showmax, ’n besparing van R99 per maand. (Lees meer oor Showmax onder.)

DStv Compact Plus kos R509 per maand en daar het jy toegang tot 115 TV-kanale wat kykNET en kykNET&kie insluit. Indien jy op hierdie plan ingeteken is, kan jy Showmax vir slegs R49 per maand kry.

DStv Compact is R385 per maand met toegang tot 95 TV-kanale onder meer kykNET&kie. Jy het ook toegang tot meer as ’n honderd musiekkanale en radiostasies. DStv Compact-intekenare kan ook Showmax vir R49 per maand kry.

DStv Family is slegs R249 per maand en het 75 kanale waaronder kykNET&kie.

(Pryse hierbo genoem is soos van 1 April 2018.)

Dekodeerders: Hierdie is beskikbaar
DStv Explora 2

  • Kyk al die aksie in kristalhelder HD (hoë definisie).
  • Kyk een kanaal terwyl jy ’n ander opneem.
  • Neem tot 110 ure van jou gunsteling programme op.
  • Gebruik die Fast Forward, Rewind, Instant Replay en Slow Motion opsies.
  • Gebruik Catch Up om op te vang op jou gunsteling programme op DStv wat reekse, flieks, sporthoogtepunte en kinderprogramme insluit.
  • Gebruik XtraView om tot drie dekodeerder onder een intekening op te koppel.

Single View HD
Die Single View HD Decoder (DStv HD Decoder) is HD (hoë definisie), Dolby Digital 5.1 Capable en kom met ’n splinternuwe vooraansig (die lyste en skerms wat jy gebruik wanneer jy TV kyk). Dit het ook uistekende soekfasiliteite want dit maklik maak om programme te vind, plus ’n TV-gids vir agt dae asook die vermoë om die programme wat jou kinders kyk te beheer deur middel van Parental Control.

  • Kyk al die aksie in kristalhelder HD.
  • Beplan jou kykgenot deur middel van die TV-gids.
  • Gebruik die soekfasiliteite om programme te kry om te kyk.
  • Druk die i-knoppie op enige kanaal om die inligtingsbanier te aktiveer en kyk vandaar wat vir die volgende 24 uur gaan wys.
  • Jy kan die dekodeerder stel om jou te herinner van jou gunsteling-programme.
  • Beheer wat jou kinders kyk deur middel van Parental Control.
  • Stel jou dekodeerder op jou gunsteling-kanale.
  • Koppel jou DStv HD aan ’n ander XtraView-dekodeerder en kry só toegang tot twee verskillende kanale terselfdertyd in jou huis.

DStv Wi-Fi Connector
Die DStv Wi-Fi is ’n apparaat wat jou DStv Explora tot die internetroeteerder (router) van jou huis sal koppel. Dit is maklik en koordloos. Deur jou DStv Explora tot die internet te koppel, kry jy ook toegang tot Remote Recordings waarmee jy programme kan opneem terwyl jy nie tuis is nie.