Logo

kykNET Ghoema Musiektoekennings 2018: Stem nou!

Nuus
23 Maart 2018
Het jy al vir jou gunsteling kunstenaar, groep of duo gestem?
Ghoema

Vanjaar kry die publiek die geleentheid om vir hul gunsteling kunstenaar in drie kategorieë te stem. Vanaf Woensdag 14 Maart tot 13 April 2018 kan jy in drie kategorieë stem. Dié drie kategorieë sluit in:

  • Publiek se gunsteling manlike kunstenaar
  • Publiek se gunsteling vroulike kunstenaar
  • Publiek se gunsteling duo of groep

Hoe om te stem:
SMS die kode van jou gunsteling kunstenaar, groep of duo na 39952. SMS’e beloop R2,00 elk – bepalings en voorwaardes geld.

Die kykNET Ghoema Musiektoekennings saai Sondag 29 April om 20:00 uit op kykNET, DStv-kanaal 144. Die herhaling sal op Woensdag 2 Mei om 20:00 op kykNET NOU DStv-kanaal 146 uitgesaai word. 

Kyk die video hier onder:

Hier is die benoemdes in elke kategorie:

PUBLIEK SE GUNSTELING MANLIKE KUNSTENAAR:

Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig – ​Blaai gerus deur die galery hier onder:
Gallery
PUBLIEK SE GUNSTELING VROULIKE KUNSTENAAR:
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig – ​Blaai gerus deur die galery hier onder:
Gallery

PUBLIEK SE GUNSTELING DUO OF GROEP:
Kandidate word eers op die aand van die toekenningsfunksie aangekondig – ​Blaai gerus deur die galery hier onder:

Gallery


Bepalings en Voorwaardes:

  • Die Ghoema Musiek Trust behou die reg voor om die stembepalings en -voorwaardes te enige tyd te verander, en mag dit na goeddunke opskort, onttrek of weer daarstel. Die opgedateerde stembepalings en voorwaardes sal op die Ghoema-webblad gepubliseer word;
  • Stemming deur die publiek word slegs vir 3 kategorieë geopen – dié kategorieë is;
    • Kategorie 35:  Publiek se Gunsteling Manlike Kunstenaar
    • Kategorie 36:  Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar
    • Kategorie 37:  Publiek se Gunsteling Duo of Groep
  • Die kandidate vir hierdie 3 kategorieë moet ’n benoemde (genomineerde) wees wat ’n album en/of ’n liedjie(s) ingeskryf het;
  • Geen vervaardiger of liedjieskrywer (tensy benoem vir ’n album) kwalifiseer vir hierdie kategorieë nie;
  • Hierdie kategorieë word nie beoordeel nie, maar word slegs via ’n publieke stemproses bepaal;  
  • Die formaat van die stemproses, sowel as die maatskappy wat dit bedryf, moet elke jaar deeglik omskryf word, en mag van jaar na jaar verskil;
  • Stemming open om 09:00 op 14 Maart 2018 en sluit om 00:00 op 13 April 2018, en daar kan slegs via ’n sms gestem word;
  • Die publiek kan soveel keer stem soos wat hulle wil, ongeag die selfoonnommer betrokke. Een (1) sms ontvang, is gelyk aan een (1) stem vir die betrokke kandidaat;
  • Een persoon kan vir verskeie kandidate stem;
  • Die koste verbonde is R2,00 per sms;
  • Indien enige kandidaat hul inskrywing onttrek of gediskwalfiseer word, is die publiek steeds aanspreeklik teenoor hul diensverskaffer vir die koste van die sms of sms’e gestuur, en sal dit as sulks gehef word;
  • Alle onherkenbare sms’e (sms’e waar die teks nie ooreenstem met die geadverteerde stemteks nie en/of wat nie aan ’n spesifieke kandidaat toegeken kan word word nie) sal deur die publiek se diensverskaffer gehef word, maar nie getel word nie;
  • Die Ghoema Musiek Trust behou die reg voor om ’n stem of stemme te diskwalifiseer indien daar redelike gronde is vir die vermoede dat bedrieglike stemming plaasgevind het of indien die Trustees van mening is dat daar gepoog is om die stemreg op bedrieglike wyse te manipuleer;
  • Die maatskappy wat die stemproses bedryf, verskaf die uitslag via ’n finale Excel-dokument met alle relevante statistieke aangedui aan slegs die Ghoema Musiek Trust se betrokkenes wat die proses bestuur, en dit word as sulks deur die Ghoema Musiek Trust se ouditeur bekragtig. Sodanige statistieke sal aan geen ander partye beskikbaar gestel word nie;
  • Die trofee word toegeken aan die kandidaat wat die meeste stemme in elke onderskeie kategorie verwerf het;
  • Indien daar 2 of meer kandidate is wat dieselfde aantal stemme verwerf het, sal welke kandidate die toekenning gesamentlik ontvang;
  • Die besluite van die Ghoema Musiek Trust is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Hou kykNET se webblad en sosiale media platforms dop vir meer nuus. Twiet ons gerus by @kykNETtv en gebruik die hutsmerke #Ghoemas en #GaanVirGoud.