Logo

Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie 2020

Nuus
31 Januarie 2020
Bepalings en voorwaardes

  1. ’n Dorp kwalifiseer vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp of woongebied nie binne ’n metropolitaanse gebied val nie.
  2. Die vorige twee jaar se streekwenners kan nie benoem word nie. (2018: Fochville, Modimolle, Wakkerstroom, Jeffreysbaai, Montagu, Upington, Mariental, Parys, St. Lucia, 2019: Dullstroom, Patensie, Phalaborwa, Potchefstroom, Sutherland, Swakopmund, Uvongo, Vrede, Stilbaai.)
  3. Vorige wendorpe mag vir vyf jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer aan die kompetisie deelneem nie (Middelburg - 2015, Hentiesbaai - 2016, Mosselbaai - 2017, Jeffreysbaai - 2018, Swakopmund - 2019).
  4. Kykers kan enige dorp in Suid-Afrika of Namibië wat nie deur punt 1, 2 of 3 uitgesluit word nie, benoem.
  5. Om ’n dorp te benoem, moet die naam van die dorp na 33157 geSMS word. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
  6. As die naam van die dorp onlangs verander het of in die proses is om te verander, kan die ou of nuwe naam per SMS ingestuur word.
  7. Deelnemers hoef nie op ’n dorp te woon om dit te benoem nie.
  8. Die benoemings sluit Vrydag, 14 Februarie 2020 om 12:00.
  9. Tydens die benoemingsfase is daar geen beperking op die getal dorpe wat deur ’n individu benoem mag word nie.
  10. Tydens die benoemingsfase is SMS’e per selfoonnommer onbeperk. In alle ander fases van die kompetisie word SMS’e tot 30 per selfoonnommer beperk.
  11. Vir die doeleindes van die kompetisie word elke provinsie in Suid-Afrika as ’n streek beskou, behalwe Gauteng en Noordwes wat saam een streek vorm. Namibië word as die 9de streek ingesluit (Noord-Kaap; Oos-Kaap; Wes-Kaap; Gauteng/Noordwes; Vrystaat, Limpopo; Mpumalanga; KwaZulu-Natal; Namibië). As gevolg van die beperkings en risiko’s met die uitbreek van Covid19, sal Namibië noodgedwonge hierdie jaar as ‘n kompetisie-streek wegval.
  12. Die vyf dorpe per streek met die meeste benoemings word aan die beoordelaars, wat uit verteenwoordigers van Kwêla en kykNET saamgestel is, voorgelê.
  13. Die beoordelaars kies drie uit die vyf dorpe met die meeste benoemings per streek vir die semifinale ronde van die kompetisie.
  14. In die semifinale ronde kry die publiek die geleentheid om deur hulle SMS’e die streekswenners te bepaal.
  15. Die sluitingsdatum vir elke streek sal op Kwêla bekend gemaak word en die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.
  16. Wanneer elke streek se wendorp bekend gemaak is, kry kykers die geleentheid om in die finale ronde vir die Dorp van die Jaar te stem.
  17. Aan die einde van die finale ronde sal die dorp met die meeste stemme as Kwêla se Dorp van die Jaar aangekondig word.
  18. Die sluitingsdatum vir die finale ronde is Vrydag 14 Augustus 2020 om 12:00.
  19. Die wendorp sal dv op Kwêla bekend gemaak word voor of op Sondag 30 Augustus om 18:00.
  20. Die SMS-stemlyn vir die kompetisie is 33157. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
  21. ’n SMS kos R1.50. 
  22. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
  23. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis.
  24. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van al die stemprosesse oorsien en verifieer.
  25. Die onafhanklike ouditeursfirma se beslissing is finaal.
  26. Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
  27. Wenners kan versoek word om op Kwêla te verskyn of vir publisiteitsdoeleindes vir ander media gefotografeer te word, maar die wenners kan die versoek toestaan of afwys.
  28. Deelnemers neem op eie risiko deel. Kwêla, kykNET, KIA en lekkeslaap.co.za aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
  29. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, kykNET, KIA en lekkeslaap.co.za nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
  30. Werknemers van Kwêla, kykNET, KIA en lekkeslaap.co.za sal nie vir die pryse in aanmerking kom nie.
  31. Geen familielid van Homebrew Films mag vir die kompetisie inskryf nie. 

Pryse

  1. 2020 se Dorp van die Jaar wen R1 miljoen in bemarkingswaarde van kykNET, en ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp (“besoek .... 2020 se dorp van die jaar”), gemaak deur Homebrew Films vir uitsaai in kykNET se advertensietyd. Die KIA makietie sal ook op die wendorp aangebied word, sodra Covid19 wetgewing dit weer toelaat.

Vir navrae, kontak Corné Nel by 021 422 3452. Besoek gerus kykNET se webtuiste vir nog inligting: www.kyknet.tv, of stuur ’n epos na [email protected]