Logo

Kwêla Funnies én Feite en Geite 2020: Bepalings en Voorwaardes

Nuus
16 Julie 2020
Lees hier die Kwêla Funnies én Feite en Geite 2020: Bepalings en Voorwaardes

DIE KWÊLA AMATEUR VIDEO-KOMPETISIE 2021 - BEPALINGS EN VOORWAARDES

INSKRYWINGSFASE (Call for entries)

  1. Elke Kwêla Funnies inskrywing moet van ‘n inskrywingsvorm vergesel word. Die inskrywingsvorms is op ons webwerf by www.kyknet.tv beskikbaar. Dit is ook verkrygbaar van Homebrew Films (HOMEBREW) by telefoonnommer (021) 422-3452 tydens kantoorure (Maandag tot Vrydag, 9:00 tot 17:00).
  2. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voogde verkry voordat hulle kan inskryf. Indien minderjarige deelnemers sou wen, moet hulle deur ‘n ouer of voog vergesel word op reis na die internasionale bestemming (indien van toepassing).
  3. In die funnies-afdeling is ons op soek na video’s wat ʼn mens laat lag.
  4. Materiaal moet verkieslik digitaal in die beste kwaliteit wat jy dit in verfilm het gelewer word.  Jy kan dit op DVD, geheuestokkie of band lewer, of per e-pos stuur of wetransfer.com.
  5. Dit maak nie saak wanneer die video-opname gemaak is nie.
  6. ‘n Maksimum van 5 inskrywings word toegelaat in die funnies-afdeling.
  7. In die funnies-afdeling moet die videomateriaal wat ingestuur word nie meer as 15 minute wees nie. Die videomateriaal kan geredigeer of ongeredigeer ingestuur word, maar sou die inskrywing die televisieronde haal, sal die produksiehuis die na-produksie hanteer.
  8. Die videomateriaal moet saam met die inskrywingsvorm per voorkeurpos of geregistreerde pos gestuur word aan:          

Kwêla Funnies
POSTNET MONTAGUE GARDENS
SUITE 112
PRIVAATSAK X7
CHEMPET
7442

  1. Dit kan ook per hand by die produksiekantoor afgelewer word by Homebrew Films Produksiekantoor, Atlantic Studios, 7 MONTAGUE DRIVE, MONTAGUE GARDENS, Kaapstad.
  2. E-pos-inskrywings kan gestuur word na [email protected] Inskrywings wat per e-pos gestuur word, moet vergesel word van ‘n inskrywingsvorm. Geen inskrywings daarsonder sal aanvaar word nie.
  3. Inskrywings wat op CD, DVD of geheuestafie ontvang word, sal nie teruggepos word nie.  Maak dus seker dat u vir uself ‘n kopie maak, voordat u dit instuur.
  4. Elke inskrywing moet op ‘n aparte inskrywingsvorm gedoen word.
  5. ‘n Beoordelaarspaneel sal die finaliste keur, waarna die kykers per SMS-stemproses die geleentheid gaan kry om die wenners in albei afdelings te kies. Die gehalte van die inskrywings sal die aantal finaliste bepaal.
  6. Eerste, tweede en derde plek wenners van die Funnies en Feite & Geite kompetisie van die vorige jaar mag nie weer inskryf nie.
  7. Die inskrywings sal beoordeel word op grond van inhoud eerder as tegniese gehalte.
  8. Persone wat in die televisiebedryf werksaam is, mag nie deelneem nie. Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van die promotor en enigiemand wat die promotor beheer of deur die promotor beheer word, sowel as verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie, mag nie deelneem nie. Geen werknemers van M-Net, kykNET, Homebrew Films, of Kwêla (of enige van hulle vennote),  mag vir die kompetisie inskryf nie. 
  9. Die sluitingsdatum vir Funnies is 30 November 2020
  10. Die Funnies-finaliste sal vanaf 31 Januarie 2021 bekend gemaak word
  11. Die na-produksie van video’s word volgens die produksiehuis se diskresie gedoen en die stemuitslag van die kompetisie is finaal. Daar sal geen briefwisseling daaroor gevoer word nie.
  12. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voog verkry voordat hulle kan inskryf. 
  13. M-Net behou homself die reg voor om geredigeerde insetsels van die videomateriaal op M-Net en op sy Afrikaanse kanale uit te saai; asook die reg om hierdie materiaal eksklusief op enige wyse kommersieel te benut.

KOMPETISIEFASE:

  1. Gedurende die Funnies kompetisiefase vanaf 31 Januarie tot 19 Maart kry kykers die geleentheid om vir hulle gunsteling video’s te stem deur die naam van ʼn sleutelwoord na 33157 te SMS. Dié nommer is ook toeganklik vir Namibiërs.
  2. ʼn SMS kos R1.50.
  3. Gedurende die kompetisiefase word slegs 30 SMS’e per unieke selfoonnommer toegelaat, per rondte.
  4. Gratis SMS’e geld nie en SMS’e met ‘n ongeldige of foutiewe sleutelwoord sal steeds R1.50 per SMS kos.  
  5. Die wenners van die videoprys word bepaal deur die kykers se  stemme.
  6. Kykers wat per SMS stem kom ook in aanmerking vir pryse.
  7. Die 5 SMS wenners van die SMS-kykerspryse vir Kwêla Funnies sal deur middel van ’n elektroniese prystrekking geïdentifiseer word uit al die SMS’e wat oor die verloop van die ses stem-rondtes in die kompetmisie ontvang is. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.  Die wenners se name sal ook op Kwêla bekend gemaak word, en die algehele video-wenner van die finaal sal in die program aangekondig word.
  8. Die SMS-kykerspryse vir Kwêla Funnies is 5x Takelot.com geskenkbewys van R10 000 elk wat deur Homebrew Films digtaal aan die wenners gestuur sal word.
  9. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis. 
  10. Indien die SMS-kompetisiewenners nie binne vier telefoonoproepe en een SMS binne 24 uur bepaal kan word nie, word die prys verbeur en behou die organiseerders die reg voor om 'n nuwe wenner onder dieselfde voorwaardes te trek.
  11. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van die stemproses oorsien.  Die onafhanklike ouditeursfirma se beslissing is finaal.
  12. Deelnemers wie se inskrywings deurdring na die TV-ronde, sal per epos in kennis gestel word van die     uitsendingstye.  Die persone wat nie die TV-ronde gehaal het nie, sal nie in kennis gestel word nie.
  13. Die deelnemers wat tot die finale ronde deurdring en hulle pryse in die ateljee ontvang, mag nie op enige ander media, insluitende sosiale medianetwerke, soos Facebook en Twitter daaroor gesels, voordat dit nie op Kwêla bekend gemaak is nie.
  14. Geen korrespondensie sal oor die uitslag / beslissings van die beoordelaars gevoer word nie.
  15. Deelnemers neem op eie risiko deel en Kwêla, Homebrew Films, kykNET en M-Net asook die ander derdeparty verskaffers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
  16. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, Homebrew Films, kykNET, M-Net en die ander derdeparty-verskaffers nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
  17. Wenners mag versoek word om hulle pryse op Kwêla in ontvangs te neem, maar hulle kan die versoek toestaan of afwys.
  18. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken deelnemers dat hulle al die bepalings & voorwaardes aanvaar.
  19. Vir navrae skakel Benji Koning by 021-4223452 gedurende kantoorure (Maandag tot Vrydag 9:00 tot 17:00).
  20. Die bepalings en voorwaardes word gepubliseer op kykNET se webwerf. Vir meer inligting besoek www.kyknet.tv
  21. Kompetisie bepalings en voorwaardes vanaf Suzuki Auto South Africa (PTY) Ltd wat ‘n nuwe voertuig wat in Februarie bekend gestel word  vir die algehele wenner van ‘Kwêla Funnies’ afdeling verskaf, sluit in dat  die prys by ‘n Suzuki-handelaar wat aangedui sal word, afgehaal moet word. Die kleur-keuse van die voertuig sal ook deur Suzuki aangedui word (afhangend van beskikbaarheid).