Logo

Jou fliekhoogtepunte vir Maart

Nuus
22 Februarie 2018
Kry jou springmielies gereed, en skuif agter die kassie in, want in Maart is daar ’n fliek vir vir elkeen se smaak op DStv se onderskeie kanale
Dis-Koue-Kos-Skat

 

Saterdagaande op kykNET

Dis Koue Kos, Skat (2016)
10 Maart om 20:30

  • Inligting:
    Wanneer die kosskrywer Clara Brand ontdek dat haar man, Bernard, ’n verhouding met haar kollega en vriendin, Anaïs, het, trek sy Kaapstad toe met haar twee kinders en hul hond, Tjoklit. Dis die begin van ’n reis van wraak en genesing aangepak met ’n sin vir humor en ’n heerlike gereg vir elke geleentheid.
  • Rolverdeling:
    Anna-Mart van der Merwe, Deon Lotz, Elzabé Zietsman, Frank Opperman en Angelique Gerber
  • Draaiboek:
    Marita van der Vyver en Etienne Fourie
  • Regisseur: Etienne Fourie

Ons het agter die skerms van Dis Koue Kos, Skat gaan kuier:


Johnny is Nie Dood Nie (2016)
17 Maart om 20:30

  • Inligting:
    Kort ná Johannes Kerkorrel se selfdood in 2002, kom vier studentevriende van Stellenbosch bymekaar vir ’n braai. Hulle herleef die tye toe hulle jonk, dronk, rebels en deurdrenk van die protesmusiek van Kerkorrel, Kombuis en Bernoldus Niemand was. ’n Storie oor vriendskap en verraad, seksuele en politieke bevryding, jeugdige idealisme en middeljarige ontnugtering. Johnny is Nie Dood Nie het agt Silwerskermfees-pryse in 2016 gewen onder meer as beste rolprent. 
  • Rolverdeling:
    Albert Pretorius, Rolanda Marais, Ludwig Binge, Roelof Storm en Illana Cilliers
  • Draaiboek:
    Christiaan Olwagen, gebaseer op die toneelstuk deur Malan Steyn
  • Regisseur:
    Christiaan Olwagen

Ons het met Albert Pretorius gesels oor sy rol in Johnny is nie dood nie:

Hoener met die Rooi Skoene (2017)
24 Maart om 20:30

  • Inligting:
    Terwyl Bonnie van der Byl op ’n stormagtige aand ongestoord by haar lessenaar oor die telefoon klits, lê die lyk van haar baas, die ongewilde sakeman Du Toit De Waal, met ’n dolk in sy rug. Hiermee is die tafel gedek vir ’n riller-komedie vol verrassende kinkels.
  • Rolverdeling:
    Lizz Meiring, Deon Lotz, Louw Venter, Lida Botha, Geon Nel en Dorette Potgieter
  • Draaiboek:
    Koos Roets
  • Regisseur:
    Koos Roets

Kyk hier onder na die musiekvideo vir Jak Priester se liedjie Hoener Met Die Rooi Skoene:

Twee Grade van Moord (2016)
31 Maart om 20:30

  • Inligting:
    Aleksa Cloete, ’n bekende sielkundige van Kaapstad, het ’n topverkoper boek, Die Liefde Kwes Nie, geskryf. Alhoewel sy in ’n lang en gelukkige huwelik is, het sy ’n baie siniese en intellektuele uitkyk op die liefde. Hul enigste kind, Christiaan, was tydens sy grootword jare afhanklik van die liefde en ondersteuning van sy tweede ma, die lojale huiswerker Fy Abrahams. Soos die verhaal vorder moet Aleksa haarself bevraagteken en uitvind wat sy sal opoffer vir die vir wie sy lief is. 
  • Rolverdeling:
    Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Shaleen Surtie-Richards, Kim Cloete en Roelof Storm
  • Draaiboek:
    Anita le Roux
  • Regisseur:
    Gerrit Schoonhoven

Gerrit Schoonhoven vertel meer van Twee Grade van Moord:

Silwerskermfees-kortfilms op Saterdae

Die Man Met die Snor (2017)
10 Maart om 22:30

  • Inligting: Francois, ’n middeljarige man, besluit om sy eie episode van Stahlwolf, ’n TV-reeks in die 1980’s, te maak.
  • Rolverdeling: Daniel de Bruyne en Karin van der Laag. Komedie.

Die Kuur (2017)
17 Maart om 22:30

  • Inligting: ’n Man se soektog na antwoorde neem hom op ’n pad waar hy weifel tussen die bewuste en onbewuste werklikheid. Sal hy ’n kuur vind in hierdie reistog na sy self?
  • Rolverdeling: Met Zak Hendrikz en Megan Victor-Carelse. Spanningsdrama.
Blaai hier onder deur foto's van Die Kuur:
Gallery

Vrekfontein (2017)
24 Maart om 22:30

  • Inligting: ’n Ambisieuse filmmaker krap ou wonde oop wanneer hy probeer uitvind wie die tenniskampioen van Vrekfontein is.
  • Rolverdeling: Deon Lotz, André Roothman, Lida Botha en Wessel Pretorius. Donker komedie.
Blaai hier onder deur foto's van Vrekfontein:
Gallery

Skoon (2017)
31 Maart om 22:30

  • Inligting: ’n Mondhigiënis het ’n obsessie om alles skoon te maak. Sal ’n jong vrou hom kan verander sodat hy sy gevaarlike angsversteuring kan oorwin?
  • Rolverdeling: Pascual Wakefield, Jenna Dunster en Jaco Nothnagel. Spanningsdrama. 
Blaai hier onder deur foto's van Skoon:
Gallery