Logo

Hier is die benoemings – 10de kykNET Fiëstas

Nuus
02 Desember 2019
Fiëstas: ‘n dekade word in 2020 gevier
<p>Fiestas New</p>

In 2020 word die tiende jaar van die Fiësta-toekennings gevier. Hierdie toekennings is vir die eerste keer in 2010 uitgedeel as ‘n inisiatief van kykNET om die beste werk en almal wat daarmee betrokke in ‘n betrokke feesjaar te vereer. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste in die land - US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop - kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.

Vanjaar word daar wenners in negentien kategorieë aangewys. Benewens die sewentien kategorieë hier onder, is daar ook ‘n Fiësta-toekenning vir Fees van die Jaar waar die wenner deels deur die publiek bepaal word. Die Blou Fiësta, die toekenning wat vir ander sonderlinge prestasies gegee word, word ook die aand van die toekennings aangekondig. Hiermee die benoemdes:


Katvoet. Fotograaf: Retha Furgeson

BESTE AKTEUR
Albert Pretorius – Tien Duisend Ton
André Roothman – Koningin Lear
Brendon Daniels  – Queenie-hulle
Laudo Liebenberg – Katvoet

BESTE AKTRISE
Antoinette Kellermann – Koningin Lear
Cintaine Schutte – Tien duisend ton
Jill Levenberg – Queenie-hulle
Tinarie van Wyk Loots – Katvoet


Koninging Lear.
Fotograaf: Nardus Engelbrecht

BESTER MANLIKE BYSPELER
Edwin van der Walt – Koningin Lear
Jaques de Silva – Queenie-hulle
Marius Weyers – Katvoet
Wilhelm van der Walt – The Borrow Pit

BESTE VROULIKE BYSPELER
Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear
Devonecia Swartz – Jakkals en Wolf Onbeperk
Nicola Hanekom – Be(t)roudag
Rolanda Marais – Koningin Lear


Samson.
Fotograaf: Nardus Engelbrecht


BESTE REGIE
Brett Bailey – Samson
Christo Davids – Queenie-hulle
Marthinus Basson – Koningin Lear
Nico Scheepers – Tien duisend ton

BESTE TEATERONTWERP
Brett Bailey (kostuums) – Samson
Brett Bailey en Tanya P. Johnson (kunswerke en ontwerp) – Samson
Marthinus Basson (teaterontwerp) – Koningin Lear
Wolf Britz (stel- en beligtingsontwerp) – Statements After an Arrest Under the Immorality Act


Kamphoer. Fotograaf: FJ Potgieter

BESTE SPEL IN 'N SOLO-VERTONING
Chris Vorster – Die Hart Verklap
Cintaine Schutte – Die dinge van ‘n kind
Craig Morris – Johnny Boskak voel ‘n bietjie …
Sandra Prinsloo – Kamphoer: Die Verhaal van Susan Nell

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS
Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle
Herschelle Benjamin – In Slavenhuis 39
Malan Steyn – Jakkals en Wolf Onbeperk
Retief Scholtz – Die voordele van eierwit


Die Hart Verklap. Fotograaf: FJ Potgieter

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR
Cantona James – In Slavenhuis 39 en Jakkals en Wolf Onbeperk
Emma van Heyn – Met slenterslag na Sjanghai
Jane Mamotse Mpholo – The Island
Nombulelo Yende – La Serva Padrona
Wian Taljaard – Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK
Bongani Kubheka en Nombulelo Yende – La Serva Padrona
Camerata Tinta Barocca onder leiding van Erik Dippenaar – Glorious Baroque
Charl du Plessis – Solo
José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Abrie Fourie en Harrie Siertsema – Verf dit Swart/Paint it black
Banele Khoza – Seeking Love
Cedric Nunn – Blood Relatives
Jean Theron Louw – My Afrika-wildehonde

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: BUITELUG
kykNET Rock Nou!-konsert
kykNET Verjaardagkonsert (kykNET-verjaardagkonsert)
Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman
Toe ek 20 was


Eet Kreef!
Fotograaf: Leopold Frechow

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: PODIUM
ALTEmit Acapella
Amanda Strydom – Miss Mandy
Eet Kreef!
My land, my klank

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER
Jakkals en Wolf Onbeperk
Nataniël: Anthem
Samson
Woorde op Akkoorde

BESTE AANBIEDING
Katvoet
Koningin Lear
Queenie-hulle
Samson
Tien duisend ton


The Island.
Fotograaf: FJ Potgieter

BESTE DUO OF ENSEMBLE
Die intermissie
Jakkals en Wolf Onbeperk
Queenie-hulle
The Island

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN 'N BESTAANDE WERK
Antjie Krog – Koningin Lear
Cecilia du Toit, Lara Foot en Sandra Prinsloo – Kamphoer: Die Verhaal van Susan Nell 
Francois Toerien  - Die dinge van ‘n kind
Nico Scheepers - Tien duisend ton

Die Fiësta-toekenings word op Sondag 9 Februarie in Kaapstad oorhandig. Die toekenningsaand gaan regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word. Volg ook al die nuutste nuus deur die hutsmerk #kykNETFiëstas op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik.