Logo
Fynskrif
web uni tv guide

Fynskrif

144Drama13L

Fynskrif kry tweede seisoen!

Nuus
23 April 2019
Het jy die goeie nuus gehoor?
Fynskrif009

Fotograaf: David Swart 

Die verfilming van Fynskrif 2 het op 8 April begin en sal voortduur tot 29 Junie 2019. Die akteurs en tegnici werk alreeds van begin Maart hard agter die skerms ter voorbereiding van die skietproses.

Al die ou bekendes is terug met ’n paar nuwe gesigte wat onder andere Christia Visser en De Klerk Oelofse insluit. ’n Nuwe klerk sluit ook aan by die praktyk en word vertolk deur Lea Vivier. 

Die afgelope twee weke is daar alreeds verfilm by Wian (Edwin van der Walt) sowel as Hans (Chris van Niekerk) se huise. Oor die volgende paar weke word al die ander karakters se huise verfilm insluitend ’n paar interessante lokaliteite soos ’n paintball-baan, ’n verlate skuur en ’n Rooms-Katolieke kerk. Vanaf Junie word daar in Van Wyk en Vennote se nuwe kantore verfilm in Somerset Wes.

In ander opwindende nuus maak Nina Swart haar buiging as drama-regisseur. Met haar jarelange tegniese ervaring as regisseur en skepper van realiteit-, aktuele- en vermaak-reekse, sowel as haar tyd voor die kamera, bring sy ’n magdom kennis en energie na die stel wat die reeks net nog verder gaan uitbou.

Hier is ’n kykie agter die skerms:

Gallery


Die eerste week was al klaar vol opwinding en met die bloed wat letterlik gespat het, beloof Fynskrif 2 om soos die eerste een kykers op ’n wipwa-rit van emosie, humor en drama te neem.

Fynskrif 2 is vanaf Oktober te sien op DStv-kanaal 144. Deel dié goeie nuus met jou vriende op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk #Fynskrif te gebruik.